Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
SPAR Ladies Run
Skryf nou in!
28/03/2008 02:23:47 PM - (SA)

WANNEER jy jou daaglikse besoek aan jou naaste Spar bring, hoekom gryp jy nie sommer ’n inskryfvorm en raak deel van die pret en opwinding van vanjaar se Spar Wedloop vir Vroue nie?

Hierdie wedloop vind plaas op Sondag 13 April by die Bellville-stadion. Vanjaar het dié wedloop se organiseerders ’n stappie verder gegaan om die inskryfproses nog makliker te maak.

Inskryfvorms is beskikbaar by alle Kwikspar-, Spar- en Superspar-winkels. Deelnemers kan ook binne die volgende uitgesoekte Superspar-winkels inskryf: Aurora, Parklands, Kuilsrivier, Sonstraal, Plattekloof, Seepunt, Die Boord, Belhar, Welgedacht, Rosmead en Elite. Vul net jou inskryfvorm in, gooi dit saam met jou inskryfgeld in die inskryfhouer binne hierdie winkels en jy is deel van die opwinding!

Inskryfvorms en inskryfgeld kan ook aan Westelike Provinsie Atletiek gepos word of by hul kantore by die Vygieskraal-stadion in Athlone afgegee word. Hul adres is beskikbaar op die inskryfvorm. Vir meer inligting, skakel 071 100 7141 of by 071 100 7135.

Diegene met toegang tot die internet kan aanlyn inskryf by www.spar.co.za of deur die skakel op www.dieburger.com te volg.

Dit kos R40 om in te skryf vir die 10 km-roete, ongeag of jy die afstand gaan stap of draf, en R35 om in te skryf vir die 5 km-roete. Die eerste 10 000 inskrywings ontvang elk ’n gratis T-hemp van Spar en ’n geskenkpak propvol verrassings. Die eerste 10 000 deelnemers wat oor die wenstreep trap, sal elkeen ook ’n medalje ontvang.

Daar is hope pryse om te wen en baie vermaak om jou geliefdes besig te hou terwyl hulle jou ondersteun.

Noudat dit so maklik is om in te skryf, is dit moeilik om hierdie wedloop mis te loop. R2 van elke inskrywing gaan aan die Rooi Kruis-kinderhospitaal.

Moet dus nie vergeet om ná ’n lang werksdag by Spar te stop vir jou inskryfvorm en só ’n verskil in die lewens van siek kinders te maak nie.

Jy en duisende ander vroue sal daarmee saam ook nog hope pret hê op dié dag.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |