|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
SPAR Ladies Run
Nuwe roete vir gewilde wedloop
28/03/2008 02:23:46 PM - (SA)
DIE Spar Wedloop vir Vroue is die grootste geleentheid op die padwedloopkalender. Elke jaar neem duisende vrouestappers en -drawwers deel, en massas toeskouers en familie stroom na dié wedloop om die vroue in hul lewens te ondersteun.
Vanjaar begin hierdie Grand Prix-reeks in Kaapstad met ’n nuwe datum op Sondag 13 April, weer by die Bellville-stadion.
Hierdie wedloop het reeds ’n wonderlike reputasie opgebou. Dit is só gewild onder Kaapse vroue dat nie eens die datumveranderinge hulle sal toelaat om hierdie geleentheid mis te loop nie.
“Vanjaar is geen uitsondering nie,” sê me. Elsabe van Zyl, advertensiebestuurder van Spar in die Wes-Kaap en organiseerder van hierdie wedloop. “Ons probeer altyd ons bes om dit ’n pret-wedloop te maak vir Kaapse vrouestappers en -drawwers.”
In ’n poging om hierdie aanbieding nog beter te maak het Spar, tesame met Westelike Provinsie Atletiek wat die tegniese organiseerders van hierdie wedloop is, ook aangekondig dat daar vanjaar ’n nuwe roete sal wees. Dié roete sal ’n platter baan wees en sal dus makliker wees vir deelnemers, of hulle nou die 10 km- of 5 km-roete volg.
Dit kos R40 om in te skryf vir die 10 km-roete en R35 vir die 5 km-roete. Die eerste 10 000 inskrywings ontvang elkeen ’n gratis T-hemp van Spar, asook ’n geskenkpak vol verrassings.
Die hart van die Spar Wedloop vir Vroue lê egter by kinders, en daarom word R2 van elke inskrywing aan die Rooi Kruis-kinderhospitaal geskenk. Die organiseerders vertrou dat Kaapse vroue weer na die wegspringpunt sal stroom om die dag te geniet en ook hul deel vir liefdadigheid te doen.
Inskryfvorms is beskikbaar by alle Kwikspar-, Spar- en Superspar-winkels. Deelnemers kan ook binne die volgende uitgesoekte Superspar-winkels inskryf: Aurora, Parklands, Kuilsrivier, Sonstraal, Plattekloof, Seepunt, Die Boord, Belhar, Welgedacht, Rosmead en Elite.
Om meer uit te vind oor die wedloop of om aanlyn in te skryf, besoek die webwerf by www.spar.co.za of skakel Westelike Provinsie Atletiek by 071 100 7141 of by 071 100 7135.
Laat weet die organiseerders hoeveel keer jy al die Spar Wedloop vir Vroue gestap of gedraf het, deur me. Karlien Strydom by 021 887 7089 te bel.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |