Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
671 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 11º/17| Worcester 3º/20| George 6º/20| Port Elizabeth 9º/20 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
SPAR Ladies Run
Skryf nou in vir jaarlikse wedloop
28/03/2008 02:23:45 PM - (SA)

SPAR is trots om aan te kondig dat hulle nie net vanjaar 45 word nie, maar dat hulle ook ’n nuwe datum vir die Spar Wedloop vir Vroue het. Vanjaar sal die Kaapstadse been van dié Grand Prix-reeks-wedlope reeds op 13 April in die Bellville-stadion plaasvind. Dit lyk dus asof vroue hul hardloopskoene vanjaar ’n bietjie vroeër sal moet afstof.

Spar beloof ’n ongelooflike ervaring met hope verrassings vir deelnemers én toeskouers. Hierdie wedloop is een van die belangrikste op die Spar-kalender en, tesame met die viering van hul 45ste verjaardag, beloof dit om die geleentheid van die jaar te wees.

Elke jaar daag duisende vroue, en ’n paar dapper mans in kostuums, by die wegspringplek in die Bellville-stadion op. Die opgewondenheid en die gees van hierdie wedloop is aansteeklik. Vroue van alle ouderdomme, vorms, groottes en fiksheidsvlakke is welkom en word aangemoedig om aan hierdie pretdag deel te neem.

Spar maak voorsiening vir verskeie fiksheidsvlakke deur twee afstande te hê waaroor vroue kan deelneem. Die 5 km-roete kan gestap of gedraf word teen R35 per inskrywing en dieselfde geld vir die 10 km-roete, waarvan die inskrywingsgeld R40 beloop.

Spar word al die afgelope paar jaar geaffilieer met die Rooi Kruis-kinderhospitaal, en vanjaar is Spar trots om aan te kondig dat hulle steeds deel van dié liefdadigheid sal bly. R2 van elke inskrywing vir hierdie wedloop sal aan die hospitaal gaan om die personeel te help om die lewe vir hul jong pasiën¬te makliker te maak. Die mediavennote Die Burger en Heart 104.9, in samewerking met Spar, beplan om hierdie jaar se wedloop ’n onvergeetlike een te maak.

Inskryfvorms is by alle Kwikspar-, Spar- en Superspar-winkels beskikbaar. Deelnemers kan ook by die volgende uitgesoekte Superspar-winkels inskryf: Aurora, Parklands, Kuilsrivier, Sonstraal, Plattekloof, Seepunt, Die Boord, Belhar, Welgedacht, Rosmead en Elite.

Om meer uit te vind oor die wedloop of om aanlyn in te skryf, besoek die webwerf by www.spar.co.za of skakel Westelike Provinsie Atletiek by 071 100 7141 of 071 100 7135.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |