Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Foto: DENZIL MAREGELE
Foto: DENZIL MAREGELE
Kampus Rugby
Maties skraap deur
08/04/2008 12:56:00 PM - (SA)

STELLENBOSCH. – Die Maties is gisteraand as kampioene van die Varsitybeker-rugbykompetisie gekroon ná ’n dramatiese oorwinning van 16-10 oor die Ikeys hier in die Danie Craven-stadion.

’n Drie in die doodsnikke deur die vleuel Morné Jooste het aan die Maties die titel besorg.

Dit wou voorkom of die Ikeys die wedstryd in die sakkie gehad het nadat die Maties se heelagter, Joe Pietersen, die bal vorentoe verloor het in ’n poging om te druk aan die linkerkant.

Die Maties het egter in die oorblywende minuut of twee sterk aangeval en Jooste se drie, wat verdoel is deur Ricardo Croy, in die regterhoekie het die wedstryd beklink.

Tot op daardie tydstip was die Maties met 9-10 agter. Hulle het vroeër in die tweede helfte gedink ’n drie deur die kookwater-skrumskakel, Wilhelm Koch, het die wedstryd in hul guns geswaai, maar Ikeys het die “wit kaart” uitgehaal om die beslissing te bevraagteken.

Daar is beslis dat Kock in ’n onkantposisie was toe die bal vorentoe geskop is en vir ’n rukkie het dit gelyk of die “wit kaart” sou geskiedenis maak, want eerder as 11-10 voor met ’n doelskop om te kom, was die Maties steeds met 6-10 agter.

Uiteindelik was dit ’n wedstryd vol spanning en drama.

In die eerste helfte sou ’n mens nie kon raai dat dit so sou uitdraai nie, want die rugby was aanvanklik saai en propvol foute.

In die eerste helfte het die Ikeys die meeste van die goeie rugby gespeel. Hul agterspelers het as eenheid beter saamgespeel.

Nietemin was dit die Maties wat met die rustyd met 6-5 voorgeloop het danksy twee strafdoele deur Stoffberg.

Daarteenoor het die Ikeys geantwoord met ’n drie deur die regtervleuel, Marcello Sampson, in die 25ste minuut.

Dit was nadat die heelagter, Rob Hopwood, die harde werk gedoen het deur vorentoe te skop, die bal weer te vang ná hy reg gebons het, en aan te gee.

Toe die Ikeys deur sy puik linkervleuel, Matthew Turner, die voortou in die tweede helfte neem, het ’n mens gevoel die wedstryd was besig om in hul guns te swaai.

Die Maties het teruggeveg, maar dit het gelyk of die wit kaart hul droom gaan verydel.

Chean Roux (afrigter) se span verdien egter krediet vir die manier waarop hy kop gehou het.

Eers het die losskakel, Ricardo Croy, ’n skepdoel oorgeklits om dit 9-10 te maak.

Die Ikeys het die geleentheid gehad om hul voorsprong met ’n strafdoel te vergroot, maar die losskakel Matthew Rosslee het op die aand nie sy skopskoen aangehad nie. Dis toe dat daardie laaste dramatiese oomblikke aangebreek het. Pietersen kon nie die uitklophou plant ná Sarel Potgieter se breekslag nie, maar Jooste het nie ’n tweede uitnodiging nodig gehad nie.

Puntemakers: MATIES 16 (6) – Drie: Morné Jooste. Doelskop: Ricardo Croy. Strafdoele: Henoe Stoffberg (2). Skepdoel: Croy. IKEYS 10 (5) – Drieë: Marcello Sampson, Matthew Turner.

    
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |