Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
dDie Matie-losskakel Ricardo Croy op loop teen die Tukkies. Foto: EDREA CLOETE
dDie Matie-losskakel Ricardo Croy op loop teen die Tukkies. Foto: EDREA CLOETE
Kampus Rugby
Kaapse rugby witwarm
01/04/2008 10:07:04 AM - (SA)

KAAPSTAD. – Kaapse rugby kook!

En Rob Wagner, besturende direkteur van WP Rugby (Edms.) Bpk., wil graag Maandag se Varsitybeker-eindstryd tussen Ikeys en Maties op Nuweland aanbied.

Albei dié Kaapse universiteite het gister na die eindstryd deurgedring ná oorwinnings in hul onderskeie halfeindstryde. Eers het Ikeys van 10-31 af teruggeveg om die Pukke met 32-31 te verslaan. Maties het daarna bykomende tyd nodig gehad om vir Tukkies met 47-44 op Stellenbosch te klop.

“Ek stel beslis belang om die eindstryd op Nuweland aan te bied. Indien Ikeys (wat tuisveldvoordeel het) my daaroor sou nader, sou ek dit beslis oorweeg,” het Wagner gisteraand gesê.

Met die Westelike Provinsie wat verlede jaar die nasionale o.19- en o.21-titels ingepalm het, die Vodacombeker-span wat onoorwonne is en die Stormers wat puik vertoon in die Super14-reeks, is dit duidelik dat rugby in die Kaap kerngesond is.

Tukkies was op ’n tydstip in die tweede helfte met 13-28 agter, maar het puik teruggeveg. Dit het gelyk of die Maties se Henoe Stoffberg se onderskepdrie beslissend sou wees, maar ’n drie in die doodsnikke vir Tukkies deur die regtervleuel, Oscar Mfundise, wat puik verdoel is deur die skrumskakel, Joey Mongalo, het die telling 44-44 gemaak.

Stoffberg (regtervleuel) het egter met sy tweede poging pale toe in die tweede helfte van bykomende tyd die beslissende strafdoel oorgeklits.

Vroeër het Ikeys se losskakel, Matthew Rosslee, die wenpunte met ’n strafdoel reg aan die einde op die Groote Schuur-veld in Kaapstad behaal.

Dit ná die Pukke met die halftyd met 23-10 en 20 minute voor die einde nog met 31-10 voorgeloop het.

Maar 16 minute voor die einde het die Ikeys se plaasvervanger-haker Mark Goosen deurgebars vir ’n drie om sy span weer hoop te gee.

Toe volg puik drieë deur die Ikey-vleuels, Marcello Sampson en Matthew Turner, en skielik was dit tyd om naels te kou. Net voor Rosslee sy wenskop oorgesit het, is hy ’n slag hard geloop en het hy op die veld naar geword. Hy het egter sy span se veggees vergestalt met ’n koelkop-houding en die wedstryd beklink.

Puntemakers:

MATIES 47(21) – Drieë: Jean Stemmet, Jonathan Adendorf, Sarel Potgieter, Wilhelm Koch, Henoe Stoffberg. Doelskoppe: Henoe Stoffberg (5). Strafdoele: Stoffberg (4).

TUKKIES 44(13) – Drieë: Gert Lubbe, Kruger van Heerden (2), Gerhard van den Heever (2), Oscar Mfundise. Doelskop: Chandre Boshoff (3), Joey Mongalo. Strafdoele: Boshoff (2).

IKEYS 32 (10) – Drieë: Matthew Turner (2), Mark Goosen, Marcello Sampson. Doelskoppe: Matthew Roslee (3). Strafdoele: Rosslee (2).

PUKKE 31 (23) – Drieë: Lolo Waqa (2), Jean Tiedt. Doelskoppe: Tiedt (2). Strafdoele: Tiedt (4). – Stephen Nell en Michael Green

    
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |