|
|||||||||||
|
Kampus Rugby
Saterdag: Spanne speel om halfeind-plekke
25/03/2008 11:01:01 AM - (SA)
Saterdag was daar ’n paar uiters mededingende wedstryde met veral die een tussen die Pukke en die Kovsies wat baie opwindend was.
Die Pukke het dié wipplank-stryd met 35-24 gewen nadat die Vrystaatse studente met die rustyd met 14-13 voor was. Albei spanne het vier drieë gedruk, maar Jean Tiedt het vir die Pukke ’n paar deurslaggewende strafdoele behaal.
Die kragmeting tussen UJ en die Maties was vol aksie met die Maties wat soms pragtige hardlooprugby in sy sege van 32-24 uitgestal het.
Tukkies se kragtige vleuel Gerhard van den Heever het twee drieë bygedra om sy span te help om die TUT met 43-26 te klop.
Die NMMU het weer hard geveg teen die Ikeys, maar kon teen die einde nie al die gate toestop nie.
Met die rustyd was die Ikeys net met 12-0 voor, maar hulle was eindelik maklik met 38-7 baas.
FNB VARSITYBEKER-TOERNOOI
Maties 32 (10), Universiteit van Johannesburg 24 (16). MATIES – Drieë: Llewellyn Winkler (2), Jean Stemmet (2), Morné Jooste, De Kock Steenkamp. Doelskop: Jo-Wayne van Wyk. UJ – Drieë: Hennie Oosthuizen, Haas Snyman. Doelskop: Ryno Luus. Strafdoele: Luus (4).
Pukke 35 (13), Kovsies 24 (14). PUKKE – Drieë: Lolo Waqa, Andries Mahoney, Paul Bosch, Willem Barnard. Doelskoppe: Jean Tiedt (3). Strafdoele: Tiedt (3). KOVSIES – Drieë: Cameron Jacobs (2), PW van Vuuren, Wayne Stevens. Doelskoppe: Sias Ebersohn (2).
Ikeys 38 (12), NMMU 7 (0). Ikeys – Drieë: Neill Hopwood (2), Marcello Sampson, Matthew Turner, Kyle Wickins. Doelskoppe: Turner (2), Matthew Rosslee. Strafdoel: Rosslee. NMMU – Drie: Morné van der Westhuizen. Doelskop: Michael Gallinetti.
Tukkies 43 (28), Tswane Universiteit van Tegnologie 26 (9). TUKKIES – Drieë: Gerhard van den Heever (2), Rudolph Naudé, Johan Booysen, Oscar Mfundisi, Johan van Heerden. Doelskoppe: Johannes Mongalo (2). Strafdoele: Mongalo (3). TUT – Drieë: Braam Pretorius, Lex Kirsten. Doelskoppe: Pretorius (2). Strafdoele: Pretorius (4).
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |