Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Kampus Rugby
Maties verloor teen Pukke, Ikeys wen weer
06/03/2008 11:31:30 AM - (SA)

Die rugbyspan van die Pukke het gisteraand sy FNB Varsitybeker-wedstryd in die Fanie du Toit-stadion in Potchefstroom ten spyte van ’n driekuns aan drieë deur die Maties se kaptein, Wesley Wilkens, gewen.

Die eindtelling was 31-24 vir die Pukke ná hulle met die rustyd met 15-7 voor was.

Maar dit was so amper of Wilkens en sy vegtende Maties het met die Pukke gedoen wat die Tukkies ’n paar weke gelede met die Maroentruie gemaak het.

Toe was dit die Tukkies wat ’n groot agterstand uitgewis het om ’n gelykop-uitslag af te dwing.

Wel, gisteraand was dit die Maties wat aanhoudend aangeval het in die laaste minute en bitter naby aan die gelykmakende punte gekom het.

Die kragmeting was nie altyd so opwindend soos in daardie laaste minute nie.

Vir die grootste gedeelte van die wedstryd was dit die Pukke wat oorheers het en die druk meedoënloos op die Kapenaars uitgeoefen het.

Van sprankelrugby was daar aan albei kante bra min te sien, maar dit was dalk veral omdat altwee spanne so kwaai verdedig het.

Met klipharde duikslae van albei kante en monster-skrumwerk van die Maties, het die spel soms meer na rofstoei gelyk.

Puntemakers:

PUKKE 31 (15) – Drieë: Lolo Waka, Nelis Nel, Stoffel Duvenhage. Doelskoppe: Corne Meyer (2). Strafdoele: Meyer (4).

MATIES 24 (7) – Drieë: Wesley Wilkens (3). Doelskoppe: Donald Stevens (1), Sarel Potgieter (2). Strafdoel: Potgieter (1).

Intussen het nóg ’n Kaapse span wel daarin geslaag om sy noordelike opponent te troef.

Ikeys het die Universiteit van Johannesburg 34-31 geklop, nadat hulle halftyd 3-24 agter was.

Sapa berig die toeskouers is met aanskoulike hardlooprugby vermaak.

Puntemakers:

UJ 31 (24) – Drieë: André Smith, Jaco Snyman (2). Doelskoppe: Ryno Luus (2). Strafskoppe: Luus (3). Skepskop: André Smith.

IKEYS 34 (3) – Drieë: Marcello Sampson (2), Kyle Wickens, Matthew Rosslee. Doelskoppe: Rosslee (4). Strafskoppe: Rosslee (2).

    
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |