|
|||||||||||
|
Kampus Rugby
Ikeys gee Tukkies op hul herrie
26/02/2008 03:52:41 PM - (SA)
Die tweede week van die Varsitybeker het vir ’n paar skoknederlae gesorg toe NWU-Pukke Saterdag teen TUT (Tshwane Universiteit van Tegnologie) verloor het en die Ikeys Tukkies Maandag 55-24 verslaan het.
Tukkies het verlede week daarin geslaag om in die laaste tien minute teen Maties genoeg punte aan te teken om die telling op 31-31 te staan te bring.
Die afgelope Maandag het die Ikeys egter daarin geslaag agt drieë teen die span van Pretoria te druk.
Dit was ’n blou Maandag vir die Noorde. Die Shimlas van Bloemfontein het die span van die Universiteit van Johannesburg 54-6 geklop.
TUT het die Pukke Saterdag 18-16 geklop.
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |