|
|||||||||||
|
Kampus Rugby
Maties swoeg vir sege oor Baaise studente
25/02/2008 10:13:45 AM - (SA)
PORT ELIZABETH. – Die Maties moes Saterdag hier hard werk om die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit met 40-24 in die FNB Varsitybeker-reeks te klop.
In nog ’n wedstryd in dié reeks in die Fanie du Toit-stadion in Potchefstroom het die Tshwane Universiteit van Tegnologie daarin geslaag om die Pukke met 18-16 te klop.
Die Maties was met die rustyd met 16-10 voor teen NMMU.
Hulle het toe losgetrek en die tuisspan se baie foute uitgebuit om dié taai wedstryd te wen.
NMMU, met die slot Kenneth Snodgrass prominent, het met mening ingeklim en goed meegeding.
Die tuisspan het egter te veel strafskoppe afgestaan.
Die wenspan se skrumskakel, Donald Stevens, het vier strafdoele deur die pale gejaag.
Stevens se algemene spel was flink en hy was saam met die flank Justin Melck die Maties se groot uitblinkers.
Die kragmeting tussen TUT en die Pukke is in sopnat toestande gespeel met TUT wat beter daarby aangepas het.
Andries Mahoney (skrumskakel) het veral in die eerste helfte die Pukke op die voorvoet gehou met goeie spel.
Die tuisspan het egter nie sy kanse gebruik nie en te veel strafskoppe afgestaan.
Braam Pretorius, TUT se losskakel, het dit in punte omskep.
Vanaand speel die Kovsies teen die Universiteit van Johannesburg en die Ikeys teen Tukkies.
Die bepalings is: 17:30: Ikeys t Tukkies; 18:45: Kovsies t UJ.
Hier is ’n paar foto’s van die Maties-spelers in aksie (teen NMMU en Tukkies).
Foto: SERGIO BAARTZES
Foto: SERGIO BAARTZES
Foto: SERGIO BAARTZES
Foto: SERGIO BAARTZES
Foto: LULAMA ZENZILE
Foto: LULAMA ZENZILE
Foto: LULAMA ZENZILE
Foto: LULAMA ZENZILE
Foto: LULAMA ZENZILE
Foto: LULAMA ZENZILE
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |