Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Kampus Rugby
Rugbyfees beplan
19/02/2008 03:25:11 PM - (SA)

AGT van Suid-Afrika se universiteite sal met mekaar meeding om die Varsitybeker, wat vanjaar die eerste keer aangebied word.

Studenterugby op sy beste is op die spyskaart vir die 31 wedstryde van die toernooi, waarvan sommige regstreeks op televisie uitgesaai sal word. Die wedstryde, wat op Maandae gespeel sal word, is op die suksesvolle aanbieding van Amerikaanse voetbalwedstryde op Maandagaande geskoei.

Die toernooi, wat deur FNB, Steinhoff, SA Brouerye en Canterbury geborg word, sal oor twee maande plaasvind waarin spanne oor ’n enkelronde meeding met twee halfeindstryde voor die eindstryd op 7 April.

Die sewe ander universiteite wat deelneem, is die Universiteit van Johannesburg (UJ), die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), die Universiteit van Kaapstad (Ikeys), Tukkies, die Noordwes-Puk Rugby-instituut (Pukke), die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) en die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies).

’n Hoogtepunt van die reeks is die drie wedstryde wat elke span sal speel in die rugbyfees wat in die Paasnaweek op George gehou word. Die halfeindstryd word op 31 Maart gespeel.

Volgens mnr. Belius Potgieter, rugbybestuurder van die Maties, lê daar ’n opwindende jaar van rugby vir die Matie-rugbyklub voor.

“Behalwe die nuwe Varsity-beker is daar die uitdaging om die twaalfde agtereenvolgende jaar die groot uitdaagbeker as die kampioenspan in die WP te verower.”

Wat betref die “veldslag” teen die Tukkies, verlede jaar se naaswenner van die klubkampioenskapsreeks (die Maties was die algehele wenner), op 18 Februarie het Potgieter gesê dit beloof om ’n opwindende aand te wees.

“Nie net word die eindstryd van die Nuwelinge-toernooi as die voorwedstryd gespeel nie, maar daar sal ook rasieleiers wees sowel as kompetisies vir die koshuise. Die gewone verversingsgeleenthede sal ook beskikbaar wees.

“Verskeie pryse vir studente sal ook in die aanloop tot die wedstryd deur die rugbyklub, die intervarsity­komitee en Eikestadnuus uitgeloof word. Die hoofwedstryd begin om 18:45.”

Behalwe die Tukkies moet die Maties ook teen die NMMU (23 Februarie in Port Elizabeth), die Pukke (3 Maart in Potchefstroom) en die Kovsies (8 Maart, tuis) speel. Die laaste drie wedstryde word die Paasnaweek op George gespeel tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Die Maties se opponente sal dan die Ikeys, UJ en die TUT wees.  

Die Maties se wedstryde teen die Tukkies, Pukke, Ikeys en die TUT sal regstreeks op Supersport uitgesaai word. Na afloop van die ­George-toernooi sal die boonste vier spanne sake in die halfeindstryde en eindstryd uitspook.

Die WP-ligas begin vanjaar op 5 April.

    
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |