|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
| VIND: |
Kampvegter
E-pos is ongeldige kennisgewing van kontrakopskorting
25/08/2008 11:52:47 AM - (SA)
Butler skryf dat sy ’n paar jaar gelede reeds vir haar dogter ’n plan by Resolution Health uitgeneem het, maar dat sy nog nooit ’n eis ingedien het nie.
Haar dogter het aan die begin van die jaar op ’n skip gaan werk en het as deel van haar pakket mediese versekering ontvang.
“In Januarie het ek Resolution Health gekontak in ’n poging om die mediese plan te kanselleer,” verduidelik Butler.
’n Verteenwoordiger van Resolution Health sou haar gekontak het, maar Butler het geen terugvoering ontvang nie.
Einde Januarie is weer ’n premie van R570 van haar rekening afgetrek.
Ná talle pogings om die versekering te kanselleer, het Butler Kampvegter gekontak.
Butler het reeds 7 maande se premies van R 3 969 betaal sedert sy Resolution Health in Januarie gekontak het om die plan te kanselleer.
Kampvegter het by me. Ina Strydom, mediakonsultant van Resolution Health gaan navraag doen.
“Ingevolge die reëls van die Skema moet ’n lid drie maande skriftelik kennis gee. Dit staan in ’n dokument wat deur die lid onderteken is.
Die klaer het slegs per e-pos gekommunikeer – waarvan die eerste op 1 Mei deur die Resolution-kliëntediensdepartement ontvang is,” verduidelik sy.
Sy sê dat Resolution Health egter ná deeglike oorweging besluit het om die lidmaatskap met spesiale vergunning te kanselleer, terugwerkend na 29 Februarie 2008.
Strydom sê dat ’n bedrag van R2 835 reeds aan Butler terugbetaal is en dat Augustus se bydrae binnekort ook terugbetaal sal word.
Die saak is opgelos en Kampvegter het met Butler bevestig dat sy tevrede is met die uitkoms.
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |