|
|||||||||||
|
| VIND: |
Kampvegter
Foutiewe aflewering uiteindelik reggestel
18/08/2008 12:42:32 PM - (SA)
Sy vertel dat sy ’n stel met ’n driesitplekbank, ’n tweesitplekbank en ’n eensitplekbank aangekoop het, maar met aflewering is twee tweesitplekbanke en ’n eensitplekbank by haar afgelewer.Sy sê sy het geweier om dit te aanvaar aangesien sy vir ’n stel met ’n driesitplekbank betaal het. Lewis het die stel teruggeneem en haar met ’n tweesitplekbank gelos. Sy het die saak talle kere onsuksesvol opgevolg, maar moes hoor dat sy nie ’n stel met ’n driesitplekbank sou ontvang nie. Sy vertel dat sy reeds ses weke vir haar stel wag en nog niks weer van Lewis Stores gehoor het nie.
Kampvegter het die saak met me. Judy Isaacs, klantediensbestuurder van Lewis Stores, opgevolg.
Isaacs het aan Kampvegter bevestig dat Lewis Stores ’n nuwe volledige sitkamerstel by Kleyn afgelewer het. Kampvegter het dit met Kleyn bevestig.
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |