|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
| VIND: |
Kampvegter
Emirates vergoed vrou vir vertraging van vlug
25/08/2008 12:03:34 PM - (SA)
As gevolg van meganiese probleme moes die vliegtuig na Kaapstad terugdraai.
Visagie sê sy vrou het haar besoek haarfyn beplan, maar dat sy in die proses drie dae van haar beplande reis verloor het. Volgens Visagie het Emirates aan sy vrou gesê dat sy die volgende oggend sou vertrek.
Die volgende oggend kon niemand egter reëlings verskaf nie en mev. Susanna Visagie is eers op 6 April deur Emirates gehelp.
Mnr. Visagie verduidelik dat die nodige reëlings nie aan passasiers oorgedra is tydens hul verblyf in die hotel nie.
“Op hul kantoor se aanbeveling is persoonlike uitgawes aangegaan om tussen die hotel en die lughawe te reis, wat later weer van die lugdiens verhaal sou kon word.
“Ek kry egter geen reaksie op al my pogings om hierdie koste te verhaal nie,” skryf hy.
Visagie het die afgelope vier maande probeer om reaksie by Emirates te ontlok.
Kampvegter het by me. Ronel Mostert, klantediensbestuurder van Emirates Suid-Afrika, aangeklop.
Mostert stem saam dat passasiers ontrief word wanneer vlugte vertraag word. Sy benadruk egter dat Emirates die nodige vervoerreëlings tref om passasiers op die beplande tye op alternatiewe vlugte te akkommodeer.
Emirates sal egter nooit passasiers of personeel in gevaar stel nie, daarom word vlugte soms vertraag.
Mostert verduidelik verder dat volgens Emirates se terme en voorwaardes hulle nie aanspreeklik gehou kan word vir enige verlies nie.
Om mev. Visagie se vertroue in Emirates te herstel, is daar egter 50 000 Skywards-myle (’n retoerkaartjie van Kaapstad na Doebai) as ’n welwillendheidsgebaar aan haar aangebied.
Visagie was verheug oor die uitkoms.
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |