Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 18º / 31º | Port Elizabeth 17º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Kampvegter
Russels kanselleer kontrak
11/08/2008 12:02:00 PM - (SA)

By die ontvangs van die tuimeldroër het Smit geteken vir die bewys van ontvangs.

“Die verkoopsdame het gesê ons betaal so R300 vir 6 maande,” skryf sy.

Volgens Smit het die tuimeldroër R2200 gekos met min of meer R214 rente vir die 6 maande.

Sy verduidelik dat sy die koopkontrak aangevra het.

Die persoon wat die koopkontrakte hanteer, was egter ongelukkig nie in daardie stadium daar nie.

Smit het aan die einde van die maand egter ’n rekening ontvang wat aandui dat sy R300 vir 24 maande moet betaal.

Die koste van die tuimeldroër saam met die bykomende rente sou R7 000 beloop volgens die rekening.

Smit sê sy het die saak talle kere met Russels opgeneem.

Kampvegter het die saak met me. Debbie Oosthuizen, mediawoordvoerder van Russels, opgeneem.

Oosthuizen sê dat sy die saak met Smit bespreek het en dat sy voorgestel het dat die kontrak gekanselleer word en Russels die tuimeldroër terugneem.

Smit was gelukkig met die uitkoms.

    

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |