Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Wat sê jou kredietrekord?Grafika: Morné Schaap
Wat sê jou kredietrekord?Grafika: Morné Schaap
Kampvegter
Kredietburo’s: Hoe regulering jou baat
11/08/2008 01:07:46 PM - (SA)

Hoewel baie verbruikers meen die Nasionale Kredietwet werk teen hulle eerder as om hulle te beskerm, is dit duidelik dat die deel van die wet wat kredietburo’s reguleer, baie goed werk.

Die nasionale kredietreguleerder, mnr. Gabriël Davel, sê hy doen elke drie maande verslag oor die werk van kredietburo’s.

Luidens die reguleerder se verslag het kredietburo’s teen einde September verlede jaar van die kredietinligting van 16,9 miljoen aktiewe kredietgebruikers boekgehou.

Saam het hulle 50,98 miljoen rekeninge gehad by kredietverskaffers en ander verskaffers van goedere en dienste, wat neerkom op ongeveer 3,02 rekeninge per aktiewe kredietgebruiker.

Ons hoor gereeld dat die rentekoerse styg onder meer omdat ons te veel krediet gebruik. Maar luidens die verslag lyk dit asof die meeste van die 16,9 miljoen kredietgebruikers wie se kredietgeskiedenis by kredietburo’s aangeteken word, ’n goeie profiel by die buro’s het. Net 6,38 miljoen kredietgebruikers (37,7%) het ’n swak kredietgeskiedenis.

Die bepalings van die wet wat verband hou met die skoonmaak van kredietdata van die buro’s – wat onder sekere omstandighede gedoen kan word – het volgens die reguleerder goed gewerk. Die uitvloeisel hiervan was tot dusver dat meer as 6 miljoen verbruikers se kredietstatus verbeter het.

Kampvegter het gaan kyk wat die wet oor kredietburo’s sê en wat verbruikers se regte en verpligtinge is.

Kredietburo hou boek van goed én sleg – veel meer as ‘swartlys’

Baie verbruikers is verward oor wat ’n kredietrekord nou eintlik is en dink net slegte betalers en niebetalers word op ’n “swartlys” geplaas. Dit is egter nie so nie.

Davel verduidelik kredietburo’s hou inligting van alle kredietverbruikers oor hoe hulle hul rekeninge bestuur.

Die buro’s kry hul inligting van banke, kleinhandelaars en ander kredietverskaffers.

Wanneer ’n verbruiker om krediet by ’n bank, kleinhandelaar of ander kredietverskaffer aansoek doen, sal hulle gewoonlik ’n afskrif van die verbruiker se kredietgeskiedenis van die kredietburo aanvra.

Die inligting sal aandui of die verbruiker sy finansies verantwoordelik hanteer en aandui of paaiemente op krediet betyds betaal word of nie.

’n Verbruiker wat gewoonlik op datum met sy rekenings is, sal heel moontlik vir krediet kwalifiseer. Met die nuwe Wet sal dit ook die kredietverskaffer in staat stel om te sien of die verbruiker die nuwe paaiemente sal kan bekostig en of dit sal veroorsaak dat die verbruiker homself te diep in die skuld dompel.

Indien die verbruiker se kredietrekord wys dat hy gewoonlik laat betaal, agterstallig raak of dat van sy skuld op die ou end afgeskryf moet word, kan dit ook daartoe lei dat die kredietaansoek afgekeur word.

Die Wet bepaal dat jou krediet­inligting die volgende mag insluit: jou kredietgeskiedenis, aansoeke om krediet, bestaande kredietooreenkomste en betalingspatrone, wanbetaling, skuldherskedulering en waar kredietooreenkomste afgedwing moes word, jou finansiële geskiedenis soos jou huidige inkomste en jou inkomste in die verlede en jou skuld en bates, jou opleiding, werk, beroep, professionele of ­sakegeskiedenis en selfs die omstandighede rakende jou diensbeëindiging en jou identiteit (jou naam, geboortedatum, iden­titeitsnommer, huwelikstatus, ­familieverwantskappe, kontaknommers en vorige en huidige adres).

Dít is die verpligtinge wat kredietburo’s moet nakom

Die Nasionale Kredietwet plaas sedert 1 September 2006 reeds sekere pligte op kredietburo’s waarvan hulle nie kan wegkom nie.

Van hierdie verpligtinge is:

. Hulle moet hul by die krediet­reguleerder laat registreer. Almal het hulle betyds laat registreer.

. Hulle moet kwartaalverslae indien by die reguleerder, wat wel gedoen is. Meer as 88,5 miljoen navrae is gedoen oor verbruikers se rekords gedurende die derde kwartaal van 2007, waarvan die meeste deur kredietverskaffers gedoen is.

. Kredietburo’s moet op versoek een keer per jaar ’n gratis afskrif van jou kredietprofiel vir jou gee. Luidens die verslag het 59 169 verbruikers tussen Junie en September verlede jaar afskrifte aangevra, waarvan 85% gratis gegee is.

. Verbruikers mag ’n dispuut verklaar met ’n kredietburo oor die kredietprofiel wat die buro oor hulle het. In die tydperk waaroor die reguleerder se verslag handel, is meer as 35 000 dispute by die verskillende kredietburo’s verklaar.

. Kragtens die Wet moet die kredietburo ook sy werknemers behoorlik oplei om hul werk reg te doen en voldoende hulpbronne hê om in ooreenstemming met die Wet te funksioneer.

. Kredietburo’s moet prosedures hê om navrae en ander kwessies vinnig en doeltreffend te hanteer.

. Die buro’s moet by die Ontvanger van Inkomste geregistreer wees.

. Alle kredietinligting oor verbruikers moet as vertroulik deur die kredietburo’s gehanteer word.

. Kredietburo’s moet ingevolge die Wet verbruikerskredietinligting aanvaar van enige kredietgewer wanneer die fooi daarvoor betaal word. Inligting wat deur die verbruiker verskaf word wat nie met die kredietgewer se inligting ooreenstem nie, moet gratis aanvaar word.

. Die kredietburo moet dan billike stappe doen om die akkuraatheid van die inligting na te gaan.

. Indien ’n verbruiker ’n dispuut aanteken oor inligting op sy kredietprofiel, moet dit so aangedui word op die kredietburo se stelsel en so oorgedra word aan kredietverskaffers wat die betrokke profiel aanvra.

Verbruikers het sekere regte

Die Nasionale Kredietwet is juis geskep om verbruikers te beskerm in alle sake wat met krediet verband hou en daarom gee dit ook aan verbruikers sekere regte wat niemand kan wegneem nie:

. Die kredietgewer moet ’n mens binne die voorgeskrewe tyd van 20 dae in kennis stel voordat enige negatiewe inligting oor jou by ’n kredietburo aangemeld word en jy kan aandring op ’n afskrif van die inligting sodat jy dit kan nagaan.

. Jy is geregtig daarop om afskrifte van jou kredietprofiel aan te vra en een moet elke jaar op versoek gratis verskaf word.

. Jy het die reg om die akkuraatheid van die kredietburo se inligting te bevraagteken en jy kan vra dat die reguleerder of kredietburo die akkuraatheid daarvan gratis nagaan.

. Jy het ook die reg om daarop aan te dring dat enige persoon wat verkeerde inligting aan die kredietburo verskaf het, jou vergoed vir jou koste om dit reg te stel.

. Geen kredietgewer kan jou dwing om self ’n afskrif van jou kredietprofiel van ’n kredietburo te verskaf nie.

. Jy kan verwag dat die kredietburo of kredietreguleerder inligting of jou kredietprofiel met dokumente staaf en die inligting verwyder as dit nie op skrif gestaaf kan word nie.

. Kredietburo’s moet binne 20 dae antwoord as jy kla, anders kan jy by die krediet­reguleerder gaan kla.

    

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |