Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
566 dae tot afskop
2010
WEER Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY GLITZ VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Kampvegter
Luggage Warehouse vervang koffer
04/08/2008 10:51:36 AM - (SA)

Muthien sê die tas het oopgebreek ná ’n vlug tussen Rome en Madrid.

Sy het die saak by die betrokke maatskappy aangemeld.

Luggage Warehouse en die vervaardigers, Antler Luggage, het egter geweier om haar skade te vergoed.

Kampvegter het die saak met mnr. Chris Warncke, besturende direkteur van Luggage Warehouse, opgevolg.

Warncke sê lugrederye is dikwels verantwoordelik vir situasies soos dié waarin Muthien haar bevind. Volgens hom is lugrederye altyd verantwoordelik vir ’n mens se bagasie terwyl dit in hul besit is.

“Wanneer bagasie dus beskadig word as gevolg van die lugredery se nalatigheid, is dit die reisiger se verantwoordelikheid om die saak binne sewe dae aan te meld,” skryf Warncke.

Hy verduidelik verder dat dit die lugredery se verantwoordelikheid is om die reisiger se beskadigde bagasie te vervang of te vergoed.

Warncke sê Muthien was moontlik nie bewus daarvan dat sy haar probleem binne sewe dae by die betrokke lugredery moes aanmeld nie. “As ’n welwillendheidsgebaar gaan Luggage Warehouse en Antler egter Muthien se tas vervang.”

    

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |