|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
| VIND: |
![]() Kampvegter
Wat gebeur:
04/08/2008 10:51:46 AM - (SA)
Vodacom:
“Wanneer ’n verbruiker nie sy of haar betrokke rekening vereffen of reëlings tref vir die vereffening van uitstaande gelde of minstens vir Vodacom kontak wanneer dié diensverskaffer vir 60 dae reeds probeer het om in verbinding te tree met die verbruiker nie, sal die verbruiker se selfoonlyn gekanselleer word,” verduidelik mnr. Shameel Joosub, besturende direkteur van Vodacom.
Hy sê Vodacom maak van verskillende metodes gebruik om die verbruiker te kontak – onder meer deur oproepe, SMS’e en briewe.
As die verbruiker steeds nie sy rekening vereffen nie, sal die saak by Vodacom se regsafdeling ingedien word. Indien die verbruiker aanhou versuim om die rekening te vereffen, word die saak aan ’n skuldinvorderingsagentskap oorhandig, en die verbruiker word by ’n kredietburo aangemeld as ’n swak betaler.
Cell C:
Vinie Santu, mediawoordvoerder van Cell C, verduidelik dat verbruikers per SMS in kennis gestel word indien ’n aftrekking nie gemaak kan word nie of die rekening nie vereffen word nie.
“Indien vereffening van die rekening nie binne 48 uur plaasvind nie, word die diens opgeskort. Dit beteken dat die verbruiker geen oproepe kan maak of SMS’e kan stuur nie.
“Die verbruiker kan egter oproepe en SMS’e ontvang,” verduidelik sy.
Die verbruiker kry nog twee kanse om die rekening te vereffen. As die rekening wel betaal word, word die diens heraktiveer.
Indien nie, sal ’n brief aan die verbruiker gestuur word, waarna die diens permanent gedeaktiveer sal word en die selfoon op die “swartlys” geplaas sal word.
Sy verduidelik verder dat as die rekening steeds nie vereffen word nie, die verbruiker se naam by ’n kredietburo aangegee sal word as ’n swak betaler.
Altech Autopage Cellular:
Mnr. Justin Hume, bemarkingsdirekteur van Altech Autopage Cellular, verduidelik dat ’n verbruiker ná 15 dae vriendelik herinner word om sy of haar rekening te vereffen.
Die verbruiker word gewoonlik deur middel van ’n SMS of oproep in kennis gestel.
“Ná ’n verdere twee SMS’e, ’n oproep en brief sal die verbruiker se lyn afgesny word vir ’n tydperk van 30 tot 60 dae, afhangende van die uitstaande bedrag en die verbruiker se kredietgeskiedenis.”
As die verbruiker nie reageer nie, word die saak na die regsafdeling verwys en verbruikers word by ’n kredietburo as swak betalers aangegee.
. Kampvegter het verder verneem indien verbruikers nie hul maandelikse rekening vereffen nie, ’n selfoondiensverskaffer in baie gevalle die kontrak sal kanselleer en die verbruiker verantwoordelik sal hou vir die totale koste van die kontrak, met geen regstellende opsie vir die verbruiker nie.
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |