Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Kampvegter
Skottelgoedwasser laat vrou met hande in hare
21/07/2008 12:10:40 PM - (SA)

Sy meld dat die skottelgoedwasser egter net tot op 8 Junie vanjaar gewerk het en dat sy 2 dae daarna die probleem by die handelaar aangemeld het.

Sy vertel die handelaar was soos altyd flink en het dadelik die werksbestelnommer aan haar gegee. Visser het intussen met Whirlpool in Kaapstad geskakel, wat aan haar gesê het dat die betrokke part uit Bloemfontein bestel is en dat dit vroeg die volgende week geïnstalleer sal word.

’n Week later het Visser nog niks van Whirlpool gehoor nie.

“Die verkoopsman by die firma waar ek die masjien gekoop het, het aan my verduidelik dat die masjien vervang sal word as hulle nie gou die part kry nie,” skryf sy.

Visser sê dat dit óók nie gebeur het nie en dat sy nou al meer as vier weke wag.

“Hoe kan firmas goed bemark waarvoor hulle nie onderdele in die hande kan kry nie?”

Sy het die saak op 6 Julie onder Kampvegter se aandag gebring.

Kampvegter het gaan aanklop by mnr. Victor Schenk, mediawoordvoerder van Whirlpool.

Schenk sê die betrokke part is deur die tegnikus ontvang en dat hy dit so gou moontlik sal installeer.

Schenk sê installasie in kleiner dorpies sloer soms aangesien vervoerkoste hoog is en tegnici probeer om verskeie mense tydens een besoek aan ’n dorp te help, en hul besoeke só beplan.

Visser het Kampvegter in kennis gestel dat die tegnikus haar op 8 Julie besoek het, maar nie die masjien kon herstel nie.

Whirlpool het egter belowe dat sy dieselfde dag nog ’n nuwe masjien sal ontvang.

Die saak is opgelos.

    

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |