|
|||||||||||
|
![]() Waarvoor om uit te kyk voordat jy by ’n fonds aansluit.Grafika:Morné Schaap
Kampvegter
Maak jou fonds jou siek?
14/07/2008 12:25:35 PM - (SA)
WAT JY MOET WEET:
. Volgens wet moet alle siekefondse ’n minimum van 26 chroniese siektes in selfs die mees basiese plan dek.
. Die meeste siekefondse het inkomsteskemas; en indien jy in die lae-inkomste-groep val, sal jy minder vir jou maandelikse premies opdok as iemand in ’n ander inkomstegroep.
. Indien ’n verbruiker ’n eis wil indien, moet dit gewoonlik binne ’n sekere tyd vanaf die datum van behandeling die siekefonds bereik.
Discovery Health
Mediawoordvoerder: mnr. Alain Peddle, hoof van navorsing en ontwikkeling.
Wat het ’n invloed op die koste van ’n mediese plan?
.“Lede van ’n siekefonds moet volgens wet dieselfde bedrag vir dieselfde plan betaal,” meen Peddle.
. Die enigste differensiasie wat ’n invloed op die koste het, is die aantal afhanklikes op die spesifieke plan.
.Boetes kan wel opgelê word wanneer ’n individu laat in sy lewe by die fonds aansluit.
. Wagperiodes is ook soms van toepassing.
Hoeveel kos die volledekking-opsie per maand (Executive Plan)?
Hooflid: R2 306
Volwasse afhanklike: R2 603
Kind: R440
Gesin met drie kinders: R5 932
Hoeveel kos die basiese opsie per maand (KeyCare Core)?
. Hooflid verdien minder as R6 800 per maand.
Hooflid: R397
Volwasse afhanklike: R397
Kind: R100
Gesin met drie kinders: R1 094
. Hooflid verdien meer as R6 800 per maand.
Hooflid: R614
Volwasse afhanklike: R614
Kind: R138
Gesin met drie kinders: R1 642
Oxygen-siekefonds
Mediawoordvoerder: mnr. David Bombal, bemarkingsbestuurder.
Wat het ’n invloed op die koste van ’n mediese plan?
. “Tariewe verskil nie in die geval van geslag, ouderdom of gesondheidstatus nie,” sê Bombal.
. Hy meen dat een prys vir almal geld.
. Volgens Bombal kan ’n mens se maandelikse premie deur die siekefondsplan wat jy kies, die grootte van jou gesin, asook jou maandelikse inkomste, beïnvloed word.
. Inkomste speel slegs ’n rol as die siekefonds ’n inkomsteskema gebruik.
.Bombal meen dat dekking by ’n siekefonds uit twee keuses bestaan: ’n private tarief of siekefondstarief.
. Omdat dokters se tariewe varieer, is dit soms hoër as die siekefondstarief en daarom word baiekeer ’n inbetaling van die verbruiker verlang. In die geval waar ’n verbruiker die private-tarief-plan gekies het, is ’n bybetaling byna nooit nodig nie.
. Boetes en wagperiodes het egter ook ’n invloed.
Hoeveel kos die volledekking-plan per maand (Premium Plus)?
Hooflid: R1 580
Volwasse afhanklike: R1 580
Kind: R460
Betaal slegs vir een kind.
Gesin met drie kinders: R3 620
Hoeveel kos die basiese plan per maand (Care Cross)?
. Hooflid verdien minder as R6 500 per maand.
Hooflid: R580
Volwasse afhanklike: R525
Kind: R245
Gesin met drie kinders: R1 840
.Hooflid verdien meer as R6 500 per maand.
Hooflid: R855
Volwasse afhanklike: R740
Kind: R265
Gesin met drie kinders: R2 390
BESTmed
Mediawoordvoerder: me. Chanelle Willmot.
Wat het ’n invloed op die koste van ’n mediese plan?
Willmot meen dat BESTmed ’n verskeidenheid planne het wat by verskillende inkomstegroepe en behoeftes van verbruikers aanpas, en dat geslag of ouderdom glad nie ’n invloed op die koste van die planne het nie.
Hoeveel kos die volledekking-opsie per maand (Topcare)?
Hooflid: R2 058
Volwasse afhanklike: R1 646
Kind: R346
Gesin met 3 kinders: R4 742
Hoeveel kos die basiese opsie per maand (Millennium Basic)?
. Hooflid verdien minder as R6 500 per maand.
Hooflid: R570
Volwasse afhanklike: R450
Kind: R213
Gesin met 3 kinders: R1 659
. Hooflid verdien meer as R6 500 per maand.
Hooflid: R800
Volwasse afhanklike: R570
Kind: R267
Gesin met drie kinders: R 2171
Momentum Health
Mediawoordvoerder: me. Lee-Ann du Toit, hoofaktuaris: gesondheid.
Wat het ’n invloed op die koste van ’n mediese plan?
. “Die Wet op Siekefondse dui aan dat siekefondse koste slegs op gesinsgrootte en inkomste mag baseer,” sê Du Toit.
.Sy meen verder dat, aangesien almal dieselfde premie op dieselfde plan betaal, individue wat minder eis (meestal jonger mense) inderwaarheid individue wat meer eis (tipies ouer mense), subsidieer.
As gevolg hiervan is daar ’n laataansluitingsboete vir individue wat ná die ouderdom van 35 eers by die siekefonds aansluit.
Hierdie boete dien dus as aansporing om vroegtydig aan te sluit.
Hoeveel kos die volledekking-opsie per maand (Health Extender Plan)?
Hooflid: R1 829
Volwasse afhanklike: R1 375
Kind: R613
Gesin met drie kinders: R5 043
Hoeveel kos die basiese opsie per maand (Health Base plan)?
.Hooflid verdien minder as R6 850 per maand .
Hooflid: R547
Volwasse afhanklike: R496
Kind: R189
Gesin met drie kinders: R1 610
VINNIGE VERDUIDELIKINGS EN DEFINISIES:
Wagperiode:
.Dit is ’n tydperk waarin die lid geen eis mag instel nie.
.Siekefondse word toegelaat om wagperiodes te gebruik omdat dit die finansiële risiko van die skema beskerm.
.Dit verseker ook dat lede deurlopend aan konsekwente en regverdige voordele blootgestel word.
12-maande-wagperiode:
.Lede mag in dié tydperk nie ’n eis instel vir behandeling of ’n siekte wat met ’n spesifieke mediese toestand verband hou nie.
.Lede betaal steeds maandelikse premies gedurende dié tydperk.
3-maande-wagperiode:
.Lede mag drie maande lank nie ’n eis instel nie.
.Lede betaal steeds maandelikse premies gedurende dié tydperk.
Laataansluitingsboete:
.Dié boete moedig verbruikers aan om vroegtydig by ’n siekefonds aan te sluit.
.Boetes begin by die ouderdom van 35 met bykomstige bedrag van 5% en kan tot 75% beloop.
.Die boetes word volgens ’n vaste formule uitgewerk.
Inkomsteskema:
Skemas word toegelaat om te differensieer op die tarief wat gevra word, op grond van die persoon se inkomste.
Voorgeskrewe minimumvoordele (VMV):
Die minimumdekking wat elke lid moet hê soos voorgeskryf deur die Wet op Siekefondse.
ICD 10-kode:
.Dit is ’n diagnostiese koderingsisteem wat saam met die prosedurekoderingsisteem gebruik word.
.Diagnostiese kodes word gebruik om te bepaal wat verkeerd gegaan het, terwyl prosedurekodes gebruik word om die oplossing te bepaal.
.Albei kodes moet op state verskyn wanneer eise by siekefondse ingedien word.
Otoplastiek: kosmetiese chirurgie om die uiterlike voorkoms van ore te verander
Ginekomastie: die verwydering van manlike borste
Blefaroplastiek: kosmetiese chirurgie aan die boonste of onderste ooglid
Kolonoskopie: endoskopiese ondersoek van die kolon
Angiogram: X-strale van die bloedvloei binne ’n aar
VOOR 2000:
.het siekefondse maandelikse premies bepaal op grond van onder meer ’n mens se geslag, ouderdom, gesondheidstatus en of jy ’n roker of nieroker is;
.het ’n siekefonds jou ooreenkomstige risiko gevalueer en daarvolgens ’n premie bepaal; en
.kon ’n siekefonds selfs jou aansoek afkeur.
WAT JY MOET INVUL OM TE EIS?
.Lidmaatskapnommer
. hooflid se naam, voorletters en van
.pasiënt se naam, voorletters en van
.datum van behandeling
.koste van behandeling
.ICD 10-kode
.tariefkode
.diensverskaffer se naam
.diensverskaffer se praktyknommer
.hooflid se handtekening
.bewys van betaling, as die lid betaal het
Hier volg van die gevalle waar eise meestal nie deur siekefondse uitbetaal word nie, tensy dit deel van die VMV uitmaak:
.kosmetiese prosedures
.borsreduksie, otoplastiek, blefaroplastiek en ginekomastie
.obesiteit
.onvrugbaarheid
.alkohol- en dwelmmisbruik
.kolonoskopie en angiogram
.vrywillige deelname aan ’n oorlog, optogte en terrorisme
.opsetlike selfbesering
.opsetlike oortreding van die wet en gevangenisstraf
.wanneer ’n derde party volgens wet vir onkoste verantwoordelik is
.wanneer ’n individu eksperimentele en ongeregistreerde behandeling ontvang
.medisyne wat nie by die nasionale beheerraad geregistreer is nie
.reddingsoektogte
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |