|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
Kampus
Atletiek: Groot gees, baie lawaai en lekker pret
14/02/2008 10:37:16 AM - (SA)
JONG atlete het heelweek hard geoefen vir Vrydagaand se Absa- eerstejaarsatletiekbyeenkoms.
Al die eerstejaars van verskeie koshuise het op die Coetzenburg-sportterrein bymekaargekom om met mekaar mee te ding.
Beoordelaars het die skare noukeurig sit en bekyk om aan die koshuis met die meeste gees punte toe te ken, asook aan die betrokke deelnemers. Meer punte word toegeken aan die atlete wat ’n eerste, tweede of derde plek behaal het.
Die skare was baie entoesiasties en het groot lawaai gemaak om hul deelnemers op die baan en veld aan te moedig. Elke koshuis moes ook ’n tema uitbeeld. Vele ouers het die geleentheid kom bywoon en het hulle aan die gees onder die studente verkyk.
Bernard Bravenboer het die foto’s geneem.
Koshuise wat plekke behaal het, is:
Gees
Eerste plek:
Simonsberg en Erica
Tweede plek:
Helderberg en Isa
Derde plek:
Majuba en Nerina
Spankompetisie
Eerste plek:
Helderberg en Isa
Tweede plek:
Dagbreek en Heemstede
Derde plek:
Kolonieshof en Irene
Die voorste atlete was:
Beste mansatleet (baan):
P. Hardich (Kolonieshof)
Beste vroueatleet (baan):
C. Anderson (Serruria)
Beste mansatleet (veld):
H. Horak (Medies)
Beste vroueatleet (veld):
L. Barnard (KSUT)
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |