Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Kampus
Eerstejaars van Huis Visser wys hulle gee om
14/02/2008 10:36:34 AM - (SA)

OP die vraag “Wat het omgee, Glen-tee en leukemie met mekaar te doen?” sal die meeste mense dalk net hul kop skud. Huis Visser antwoord egter anders. Die manne van Snoektown is oortuig dat ’n bietjie omgee soos Glen-tee is: “It really goes a long way.”

Omgee. Dít is een van die vier waardes wat Huis Visser elke jaar aan sy nuwelinge probeer oordra. Die Huis Visser-HK en -eerstejaars het vanjaar geld ingesamel om Sunflower-kopdoeke te koop. Sommige van die Huis Visser-eerstejaars het ook gekies om hul hare te skeer as ’n teken van empatie met kinders en gesinne wat deur kanker en spesifiek leukemie geraak word.

Die koshuis beplan om ook later in die jaar ’n geleentheid saam met die Sunflower-fonds te organiseer waar mense donasies kan doen en hulself as moontlike beenmurgskenkers beskikbaar kan stel.

Die leuse van die Sunflower-fonds is aangrypend. Dit lui: “Share a little; save a life.”

Dit is beslis iets om oor na te dink wanneer jy weer ’n gesonde koppie tee geniet.

Vir meer inligting, besoek gerus die Sunflower-fonds se webblad www.sunflowerfund.org.za. – Chris-Fick van Niekerk

 

Hentie Smit sit geduldig terwyl sy hare afgeskeer word

 

’n Klomp manne van Huis Visser wys met hul geskeerde kop en kopdoek by die anker voor die koshuis hulle ondersteun die Sunflower-fonds.

 

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |