Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Stian BamFoto: EDREA CLOETE
Stian BamFoto: EDREA CLOETE
Kampus
Teater gee vryheid en sin, sê Stian
13/05/2008 01:54:44 PM - (SA)

Hy is wie hy is. Hy is die middelkind, die naasoudste seun van twee onderwysers. Gebore in ’n Namibiese kusdorp. Met charisma wat oorloop en ’n aansteeklike passie vir teater. ROZANNE ELS het meer te wete gekom oor Stian Bam.

HY drink baie koffie. Hy probeer ophou rook, maar kan nie. Hy betaal gimgeld, maar oefen selde. As hy verveeld is, hou hy hom met onbenullighede besig. Hy hou van eet en van drink (per geleentheid). Soos ons almal, koop hy alles behalwe wat hy nodig het. Hy is mal oor ysterwarewinkels en hou van fliek en Steers. Winter is sy gunstelingseisoen, en hy smag na die see as hy nie daar kan uitkom nie.

Hy droom oor en begeer eenvoudige goed: om vir altyd gelukkig te wees, ’n gesin te hê, om iemand se lewe te raak.

Hy is Stian Bam, ’n oud-Matie en wenner van twee Kanna-pryse (in twee agtereenvolgende jare) wat stadig maar seker bekend in die vermaakbedryf raak.

“Ek weet nie waar dit begin het nie, maar foto’s in ’n ou Rainbow Chicken-boks in ’n kas in my ouers se huis verraai dat ek van ’n vroeë ouderdom daarvan gehou het om te vermaak.”

Ná matriek wou hy drama of kuns studeer, maar “my pa wou nie my storie koop nie”. Ná ses jaar van reis en werk het Stian uit Mosselbaai agter ’n meisie aan Stellenbosch toe getrek.

Op 24 het hy aan die Universiteit Stellenbosch begin studeer.

Volgens hom het hy nie veel “studentepret” gehad nie en het eerder sweet in die dramadepartement getap. Sy harde werk het vrugte afgewerp.

“Alles het daaruit gevloei. Ek was baie bevoorreg, omdat ek die geleentheid gekry het om in baie produksies te speel, maar natuurlik ook omdat ek klas gehad het by mense wat in die bedryf was, soos Antoinette Kellermann en Marthinus Basson. Toe ek eers swot en begin optree, het niks anders sin gemaak nie. Ek is lief vir wat ek doen. Dit gee my vryheid en sin. Acting is ’n craft. Jy moet heeltyd werk daaraan om dit ’n bietjie beter te kry.”

Hy word gedryf deur die moontlikheid om die hoogste sport van sy beroep te bereik.

“Intussen hoop ek vir ’n beter infrastruktuur, sodat daar meer speelgeleenthede vir akteurs is. Nie net feeste nie. Ek dink akteurs se passie vir hul werk noop hulle om in die oggend op te staan en te doen wat hulle doen.”

Oor of die Suid-Afrikaanse kunste ’n stadige ondergang beleef, sê hy net hy is nog te jonk in die teater om enigsins ’n opinie van waarde te hê.

“Daar is wel ’n paar goed wat ek weet,” voeg hy by. “Soos dat ’n mens lief raak vir teater en respek vir dié kunsvorm kry.

“Teater is ’n lewende ding, wat asemhaal en sodoende tog dié wat betrokke daarby is, kan verander, as jy dit toelaat.”

Hy meen dit sê iets dat die teater steeds bestaan, ten spyte van al die nuwe vorme van visuele vermaak.

“Dit bestaan ’n spesifieke tyd, en jou verhouding met dit is visueel kortstondig, maar dit gaan sit iewers in jou. Jy neem dit nie uit of kyk ’n repeat op die televisie nie. Dit vermaak jou ’n paar minute, of dit verander jou, omdat jy jouself daarin kan sien.”

Daarom sal Stian, totdat die kunste hul laaste asem uitblaas, “nie de moer ophou speel nie”.

Stian verskyn binnekort ook op televisieskerms in die sepie 7de Laan. Hoewel sy voorliefde teater by uitstek is, het die televisie sy voordele.

“Jy kan subtiel goed doen wat die kamera optel, en dit spreek boekdele. 7de Laan is anders, en dis vinnige kits-acting. Jy leer jou woorde die dag voor die tyd, en jy interpreteer op jou voete. Jy gaan op gut, die situasie en eerlikheid, al is dit hoe moeilik.”

Vir die verhoog bly hy egter die liefste, en het reeds ’n hele paar pryse agter sy naam, waaronder vanjaar se Kanna vir die beste akteur op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (vir sy rol as Jamie in ’n Lang Dagreis na die Nag). Hoewel ’n benoeming altyd vir hom ’n eer is, meen hy hy weet nooit waarom hy benoem is nie.

“Ek voel altyd k—k oor my werk, en as jy ’n toekenning daarvoor kry, is jy (ek wil vloek) dankbaar. Dit beteken mense dink jy doen werk wat die moeite werd is. En hulle sê dankie daarvoor, en daarvoor sê ek dankie.”

Hy is trots op sy aandeel aan produksies soos Bloeiende Lente, Maria Stuart, Romeo en Julia, Mirakel, Slaghuis, Festen, Storm, Saad en ’n Lang Dagreis na die Nag.

“In elke produksie het ’n verskuiwing in my gekom. Met dié produksies voel ek dat ek nog nie reggekry het wat ek moes om die produksie beter te maak nie. Dis asof ek nog agter plastiek speel. Ek laat die gehoor nie na my toe kom nie.”

Oor sy mentor, Marthinus Basson, kan hy ure praat, “en hy sal my moontlik net vertel ek praat k—k”.

“Ek sou nie gewees het waar ek nou is sonder hom nie. Hy’s my mentor op die teatergebied en my tweede pa. Ek sal hom altyd verskuldig wees. Hy maak my oë en my verstand oop.”

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |