Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
640 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Pieter Janse van Vuuren (links) en Robbie Jacobsz (regs) saam met ander studente van Zimbabwe tydens Vrydag se vreedsame saamtrek op die Rooiplein van die Universiteit StellenboschFoto: LEANNE STANDER
Pieter Janse van Vuuren (links) en Robbie Jacobsz (regs) saam met ander studente van Zimbabwe tydens Vrydag se vreedsame saamtrek op die Rooiplein van die Universiteit StellenboschFoto: LEANNE STANDER
Kampus
Zim-studente magteloos
28/04/2008 10:29:03 AM - (SA)

ZIMBABWIESE studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het Vrydag ’n gevoel van magteloosheid uitgespreek oor die toekoms van hul land.

’n Vreedsame saamtrek is by die universiteit se Rooiplein gehou. Dit was ook die 28ste herdenking van Zimbabwe se onafhanklikheid.

“Daar het mense in die onafhanklikheidstryd gesterf, en waarvoor? Vir dit? Nee, so hoekom moet ek nou iets vir Zimbabwe doen waarvoor ek kan doodgaan?” het James Mugabe gesê.

Mugabe en ander Zimbabwiese studente aan die US het uiteenlopende standpunte oor die toekoms van Zimbabwe. Almal was dit egter eens dat hulle na hul tuisland sal terugkeer.

By dié samekoms, ’n inisiatief gereël deur ’n groep US-studente, is veragting oor die Suid-Afrikaanse regering se optrede, al dan nie, ten opsigte van die situasie in Zimbabwe uitgespreek.

Die onbesliste toekoms van die vrag wapens in Durban het ook onder die loep gekom. “Mnr. president, daar is ’n krisis in Zimbabwe,” het W.J. le Roux, studenteraadsvoorsitter, onder luide applous gesê.

Luidens ’n versoekskrif vra die studente die regering om die wapens terug te hou totdat die uitslae van die onlangse verkiesing bekend gemaak word.

“Wat is die punt van ’n verkiesing as jy nie die resultate gaan bekend maak nie?” het Le Roux gevra.

Prof. Willie Breytenbach van die departement politieke wetenskap het gesê die dispuut oor die wapenvrag is nie soseer ’n wetlike vraagstuk as wat dit ’n morele een is nie.

“Waarom al die bohaai?” was egter die vraag van Harmony Mazai van Harare.

“Die regering koop dan elke jaar wapens aan.”

Ene Batanai, ook ’n student, het egter van Mazai verskil en gesê die regering van Zimbabwe stuur die verkeerde boodskap deur miljoene rande aan wapens te bestee.

“Hulle sê basies: ‘Te hel met wat julle dink’.”

’n Droewige Mugabe meen daar is geen waarborg dat die opposisieleier, mnr. Morgan Tsvangirai, nie dieselfde as pres. Robert Mugabe gaan uitdraai nie.

Dit is egter nie die swaarkry wat Zimbabwiërs ervaar wat Trust Shumba die meeste onderkry nie.

“Ek gee nie om of ek onder die leier van die land swaarkry nie, solank daardie leier deur die volk verkies is.”

    
VIND
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |