Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
671 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 11º/17| Worcester 3º/20| George 6º/20| Port Elizabeth 9º/20 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Kampus
Misvattings oor Maties bekyk
28/04/2008 10:29:00 AM - (SA)

WAT is die verskil tussen ’n Matie en ’n jong hond? Die hondjie se oë gaan in ’n stadium oop.

Met dié grappie wat Marco Botha, primarius van Dagbreek, Saterdag by die Eerste Nuwe Hoop-studenteberaad vertel het, is oënskynlik die grootste wanopvattings van die Universiteit Stellenbosch (US) ontbloot.

Op dié beraad, wat deur die Adam Tas­studenteorganisasie gereël is, is die verskillende wanopvattings van Stellenbosch asook die tipe transformasie waaraan daar ’n behoefte is, bespreek.

Jared Abels, voorsitter van Adam Tas, het gesê die doel van die beraad is om ’n kritiese gesprek onder studente aan te moedig.

Die toekoms van Suid-Afrika sal beter daar uitsien as hulle verskillende opinies inwin, het Abels bygevoeg.

Botha het verwys na persepsies van Stellenbosch as “die setel van apartheid” en ’n rassistiese, ongediversifiseerde kampus met net ongelukkige swart studente, as wanindrukke wat verander moet word.

Dít moet ook die verantwoordelikheid van Afrikaanse studente word.

Die US kan vergelyk word met ’n sandput waarin kinders speel terwyl ander kinders wag om ingenooi te word, het een student opgemerk.

“Hulle gaan nie saamspeel totdat hulle genooi word nie.”

Net so moet Afrikaanse studente hul andertalige eweknieë uitnooi om deel te word van die “dominante kultuur” op Stellenbosch.

Dié kultuur is egter nie noodwendig ’n Afrikaanse kultuur nie, maar eerder ’n Stellenbosch-kultuur, was nóg ’n student se mening.

Taamba Iithete, ’n oudlid van die studenteraad (SR), het verwys na die verantwoordelikheid wat op elke Matie rus om die ou persepsies oor Afrikaans as ’n medium van uitsluiting te verander na ’n persepsie van dié taal as ’n instrument van tersiêre onderrig.

Die onderwerp transformasie het hewige debat ontlok. Terwyl die regering glo kwantitatiewe transformasie as die voorkeurroete beskou, was die meeste studente dit eens dat kwalitatiewe transformasie beter is vir Stellenbosch.

Brandon Como, SR-lid vir studente-ontwikkeling, het na die regering se fokus op getalle verwys as “blinde transformasie”.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |