Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Wilhelm van der Vyfer GAVIN BARKER/BACKPAGEPIX
Wilhelm van der Vyfer GAVIN BARKER/BACKPAGEPIX
Kampus
Jong Matie vinnigste in SA
28/04/2008 10:29:09 AM - (SA)

DIE 18-jarige Matie-atleet Wilhelm van der Vyfer is tans Suid-Afrika se vinnigste man oor 100 m.

Van der Vyfer het Vrydag in die uitdunne van die Suid-Afrikaanse junior-en-jeugbyeenkoms (o.17 en o.19) in Pretoria die 100 m in ’n tyd van 10.30 sek. afgeblits. Dít is die vinnigste tyd vanjaar deur ’n Suid-Afrikaanse mansatleet en is ’n nasionale junior rekord (o.19).

Tot voor Vrydag was die 10.32 sek. van Hannes Dreyer, die Suid-Afrikaanse senior kampioen in die 100 m, die beste tyd vanjaar oor 100 m.

Eintlik is Van der Vyfer se vertoning meer as ongelooflik. Hy het sy eerste uitdun in 10.32 sek. afgeblits en daarmee Leigh Julies se rekord geëwenaar. Sy tyd in die halfeindronde was 10.30 en in die eindronde 10.36.

Dit was so byna of Van der Vyfer se atletiekloopbaan het vroeg tot ’n einde gekom. Hy was twee jaar gelede die Suid-Afrikaanse o.17-kampioen, maar toe word hy deur die een dyspierbesering ná die ander geteister. Sy broer, Marthinus, was ’n belowende hekkiesatleet voordat ’n dyspierbesering sy loopbaan beëindig het.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |