Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Op jul merke, gereed, trap! Die spanne maak gereed net voor wegspringtyd op die Rooiplein verlede Saterdag.Foto: MARLENE NEETHLING
Op jul merke, gereed, trap! Die spanne maak gereed net voor wegspringtyd op die Rooiplein verlede Saterdag.Foto: MARLENE NEETHLING
Kampus
Oues laat wiel met trapkarre
17/04/2008 05:06:46 PM - (SA)

’N JUIGENDE skare het die trapkarjaers aangespoor wat laas Saterdag al om die Rooiplein en die Neelsie in hul supersoniese skeppings gejaag het.

Vasbyt en geesdrif was soos gewoonlik deurslaggewend in die ingenieursfakulteit van die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse trapkarwedren.

“Die event was huge in die 1970’s, voordat televisie die studente besig gehou het,” het ’n deelnemer vertel.

Destyds was dit ’n nasionale byeenkoms, met Maties, Wits, Durban en Ikeys wat mekaar se deursettingsvermoë in trapkarre tot die uiterste beproef het.

Die wedren het in die 1990’s doodgeloop omdat private spanne dit té ernstig opgeneem en “uiters duur karre” gebou het.

Vanjaar was die vierde wedren sedert die trapkartradisie in 2005 herleef het.

Twaalf spanne het met hul trapkarre, sommige self gebou, vir drie en ’n half uur gesukkel en gesweet om as wenner uit dié tawwe stryd te tree.

Vier koshuise, twee privaat spanne, twee dosente- en vier nagraadse ingenieurspanne, elk met sewe deelnemers, het hul fiksstes as die span se trappers vir die uitputtende resies aangewys.

Kobus Pieterse het sy spanmaats van die meganiese ingenieurspan op wedrendag die eerste keer in ’n paar maande gesien.

“Het enige van julle manne vir dié ding geoefen?” wou hy vyf minute voor die wegspringtyd weet. Skynbaar nie.

Om 14:00 is van die Neelsie se parkeerterrein weggespring. Toe was daar geen keer nie.

Die vrouekoshuis Monica en die meganiese ingenieurspan het vroeg reeds met gebreekte karre teenspoed beleef. “Ons Weldoener” op die Rooiplein het dalk iets hiermee te doen gehad. Die standbeeld van J.S. Marais was ’n gevaarlike hindernis op die baan, maar het vermaak aan toeskouers verskaf soos die jaers die een na die ander soos wafferse waaghalse op twee wiele om die skerp draai gejaag het.

Uiteindelik was dit ’n span veterane, met ’n gemiddelde ouderdom van 44 jaar, wat die jonges laat sneuwel het. Hul span, Lambda, het R900 prysgeld gewen wat deur die ingenieurswese-en-projekte-maatskappy (EPC) geborg is. Volgens Sarel Venter, hul spanleier, is ál voorbereiding wat hulle gedoen het om die trapkar se “bande te pomp en die wiele te olie”.

Monica was die toeskouers se wenspan. Die spanlede het nie toegelaat dat ’n gebreekte trapkar hulle onderkry nie. Die meisies het mekaar om die baan gestoot tot ’n halfuur voor die einde toe die vrouekoshuis Harmonie, wat nie vanjaar deelgeneem het nie, sy kar aan die pootuit span geleen het.

Ná die hoofwedren het die beste agt spanne in ’n afloswedren van ses rondtes meegeding. Lambda het wéér gewen.

“Dit is jammer dat só min jongmense op kampus aan die byeenkoms deelneem,” het Retief Joubert van die span van die ingenieurswese-studenteraad en meganiese ingenieurs gesê.

Hulle hoop om volgende jaar meer borge te werf, sodat meer spanne dit kan bekostig om ’n trapkar te bou en in te skryf.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |