Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Bronwyn Bock-JonathanFoto: EDREA CLOETE
Bronwyn Bock-JonathanFoto: EDREA CLOETE
Kampus
Bock-Jonathan kry graad
17/04/2008 05:06:35 PM - (SA)

DIE Suid-Afrikaanse netbal­kaptein, Bronwyn Bock-Jonathan, het gewys sy is nie net ’n raakvatter met ’n netbal nie, maar steek ook op akademiese gebied nie lyf weg nie.

Bock-Jonathan, ’n dosent in sportwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch en die inwonende hoof van die vrouekoshuis Nemesia, het onlangs haar doktorsgraad in sportwetenskap behaal.

Sy het reeds ’n hele rits grade verwerf, maar het gesê die opgewondenheid word nie minder nie.

“Ek dink dit is my vyfde graad,” het sy gesê terwyl sy die grade op haar vingers afgetel het.

Met dié een ook nou behaal, het sy uiteindelik weer meer tyd om haar in haar loopbaan te vestig.

“Ek het min geslaap in 2007, maar nou het ek weer tyd vir my familie en nuwe dinge wat ek wil aanpak.”

Bock-Jonathan se studie vir haar doktorale tesis het gefokus op die gevolge van tienermeisies se deelname aan bewegingsprogramme ten opsigte van hul selfbeeld, bewegingsbevoegdheid en elastisiteit.

Volgens haar is die waardevolste ding wat sy daaruit geleer het dat sukses nie noodwendig ’n goeie selfbeeld waarborg nie.

Sy het gesê haar navorsing kan tieners en onderwysers help.

“Hopelik gebruik hulle dit en vergader dit nie stof in die biblioteek nie,” het sy daaroor geskerts.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |