|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
Kampus
Gestremde Maties-atlete laat rekords spat
17/04/2008 05:06:38 PM - (SA)
MATIES-ATLETE het onlangs weer gewys waartoe hulle in staat is toe verskeie rekords op die afgelope Nedbank Nasionale Kampioenskapsreeks vir liggaamlik gestremdes verpletter is.
Dié byeenkoms op Coetzenburg, wat vir talle opwindende oomblikke gesorg het, was ’n geleentheid vir atlete om vir die Paralimpiese Spele later vanjaar in Beijing te kwalifiseer.
Fanie van der Merwe het ’n rekord vir mans o.23 in die 100 m losgenael, terwyl Hilton Langenhoven ’n string blitsige wedlope, waaronder die 100 m en 200 m, afgelê het.
Arnu Fourie het die goue medalje in sowel die 200 m as die 400 m vir atlete met amputasies verower en die SA rekord vir senior mans in die 100 m geëwenaar. Ilse Hayes het nie op haar laat wag nie en onder meer rekords in die 200 m vir senior vroue en verspring verpletter.
Die atlete wat aan die byeenkoms deelgeneem het, het in verskeie items, waaronder atletiek, fietsry, gewigstoot, judo, swem en boccia (soortgelyk aan rolbal) meegeding.
Die Maties wat gekies is om die elite-oefenkampe ter voorbereiding van die Paralimpiese Spele by te woon, is:
Fietsry en handfietsry
Roxanne Burns
Janos Plekker
Riaan Nel
Ernst van Dyk (handfiets)
Atletiek
Fanie van der Merwe
Ilse Hayes
Hilton Langenhoven
Arnu Fourie
Ernst van Dyk (marathon)
Krige Schabort
. ’n Oud-Matie, Alicia Almeida, is in die tafeltennis-oefengroep ingesluit.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |