Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Kampus
Stop rassisme, diskriminasie
17/04/2008 05:06:44 PM - (SA)

HOU op om die huidige wit generasie te blameer vir dinge wat in die verlede gebeur het. Stop diskriminasie. Stop rassisme.

Só het studenteleiers in die Wes-Kaap hul teenkanting van enige vorm van rassisme en diskriminasie op kampusse en by instellings getoon op ’n menseregtejeugseminaar wat onlangs in die Wallenberg-sentrum hier aangebied is.

Dié seminaar spruit onder meer uit die onlangse rassistiese voorvalle by die Universiteit van die Vrystaat en die beweerde skending van studente se mense­reg­te deur polisielede se hardhandige optrede tydens dwelmklopjagte by kuierplekke op Stellenbosch.

Die rol van menseregte in die Suid-Afrikaanse Grondwet, die media, die onderwyssektor, asook wêreldwyd, is deur die studenteverteenwoordigers van verskeie provinsiale skole en tersiêre instellings onder die loep geneem.

Die proses van integrasie en transformasie op kampusse is ook bespreek.

Die media is ná die konferensie ingelig oor wat bespreek is, wat die doel van die byeenkoms was en waarop besluit is.

Volgens mnr. Vincent Domingo, voorsitter van die Wes-Kaapse jeugkommissie, is die studente vasbeslote om menseregte op kampusse te bevorder. Daarom is besluit op die stigting van ’n provinsiale verteenwoordigende studente­forum waar studente en leerders toegelaat sal word om hul siening te lig oor verskeie kwessies wat hulle regstreeks raak.

Dié forum sal onder meer bestaan uit verteenwoordigende rade van leerders (van sekondêre instellings) en studenterade aan tersiêre instellings.

Domingo en mnr. Rudi Buys, Wes-Kaapse jeugkommissaris, is gevra of studente wel hul vertroue in dié voorgestelde forum sal stel aangesien die meerderheid van studente nie ’n belangstelling toon in die rol van studenterade op kampusse nie (ongeveer 15% Maties het vir die huidige studenteraad aan die Universiteit Stellenbosch gestem). “Dit is ’n uitdaging om studente te kry om deel te neem. Daarom is dit belangrik om dit vir studente duidelik te maak dat die studenterade nie net oor politiek gaan nie. Dit moet die oë en ore van studente word, waar hul standpunte ook ’n stem kan kry,” was hul siening daaroor

Volgens Brandon Como, SR-lid vir studenteontwikkeling aan die US, was dié byeenkoms ook ’n geleentheid om verhoudings tussen die onderskeie tersiêre instellings te vorm.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |