|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
Kampus
Dis amptelik: Maties kry ruskans op 2 Mei
17/04/2008 05:06:48 PM - (SA)
DIT is amptelik – 2 Mei is ’n universiteitsvakansiedag.
Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) het ná sorgvuldige oorweging besluit dat dié dag wel ’n rusdag vir ’n ieder en ’n elk sal wees.
Prof. Magda Fourie, viserektor: onderrig, het ’n beroep op die dekane gedoen om die nodige aanpassings te doen.
Fourie het gesê dit is jammer dat die US dié akademiese tyd sal verloor, maar moet dié dag erken nadat pres. Thabo Mbeki dit amptelik as ’n vakansiedag verklaar het.
“Die besluit het bepaalde implikasies vir veral akademiese programme. Daar is byvoorbeeld toetse geskeduleer vir 2 en 3 Mei wat geherskeduleer moet word en ongerief kan veroorsaak. Die samewerking van die personeel om die situasie so goed moontlik te bestuur word by voorbaat hoog op prys gestel.”
Modules wat geraak word, is onder meer aktuariële wetenskap 316, didaktiek 734 (taalonderwys vir volwassenes), didaktiek 734 (wiskunde-onderwys vir volwassenes), geologie 354 en sielkunde 324 op Vrydag 2 Mei en ’n tweede toetsgeleentheid vir ondernemingsbestuur 133-studente op Saterdag 3 Mei.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |