Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Kampus
Studente betoog oor menseregte
16/03/2008 02:35:08 PM - (SA)

STELLENBOSCH. – “Ons is hier omdat dit gebeur het. Punt.”

Menseregte. Magsmisbruik. Respek. Onmenslikheid. Die lys waaroor studente hul stem die afgelope week dik gemaak het, gaan aan.

Die een rede waarom sowat duisend Maties gistermiddag op die Rooiplein van die Universiteit Stellenbosch bymekaargekom het, was egter duidelik: Die feit dat die beweerde hardhandige optrede van die polisie teenoor studente onaanvaarbaar is.

“Ons is hier, nie net omdat dit met ons op Stellenbosch gebeur het nie, maar die feit dat dit gebeur het. Punt,” het mnr. W.J. le Roux, voorsitter van die studenteraad, gesê.

“Ons is hier om op te staan vir dié wat nie die stem het nie. Om seker te maak dat dít (’n verwysing na verlede Vrydagaand se beweerde onmenslike optrede deur die polisie) nooit weer sal gebeur nie.

“As studente aanvaar ons dat ons respek teenoor elke landsburger en polisielid sal betoon. Maar ons aanvaar dat elke landsburger en polisielid ook respek teenoor ons sal betoon,” het Le Roux vervolg.

Adv. Lennit Max, DA-woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid en oud- provinsiale polisiehoof, het in sy spreekbeurt gesê hy is nie hier om die polisie af te kraak nie.

“Daar is manne en vroue in blou wat beslis eerbaar en eerlik is. Maar wat verlede Vrydagaand in drie kuierplekke hier gebeur het, was beslis barbaarse optrede gewees,” het Max gesê.

’n Petisie wat deur meer as 2 000 studente onderteken is, is op die ­byeenkoms aan die Stellenbosse burgemeester, me. Lauretta Maree, oorhandig.

Hoewel ’n groot meerderheid studente die stryd vir menseregte hier ondersteun, het ’n paar nie in die entoesiasme van die ander gedeel nie. Een student het gesê die hele byeenkoms is belaglik en het deur die skare weggestap.

Ander studente het ’n rukkie stilgestaan om te hoor waaroor die geleentheid gaan, maar dan kopskuddend weggestap.

 

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |