|
|||||||||||
|
Lauren Thomas en Klaus Kotzé Foto: JULIAN KRÜGER
Kampus
Mnr. Matieland wil op Die Bos fokus
13/03/2008 10:07:01 AM - (SA)
SY gunsteling-koffiekroeg is Vida e Caffe. En Klaus Kotzé hou van koffie. Nét goeie, sterk koffie, want hy het al in ’n koffierestaurant gewerk.
Dié tweedejaar-PPE-student (politiek, filosofie en ekonomie) het ook al twee jaar in die buiteland deurgebring, waar hy ná skool gewerk en getoer het.
Behalwe dat hy reiskennis en ’n liefde vir sterk koffie het, is hy op 22 Februarie as Mnr. Persoonlikheid, Mnr. Fotogenies en Mnr. Matieland gekroon.
Hy is ook verkies tot voorsitter van die Mnr. Matieland-komitee wat die res van die jaar ’n verskeidenheid gemeenskaps-projekte gaan aanpak.
Op die vraag hoe hy oor al dié titels voel, het hy beskeie geantwoord: “Overwhelmed!”
“Dit is weird om as Mnr. Persoonlikheid aangewys te word, en ek is verstom oor Mnr. Fotogenies. Ek haat kameras en het ’n snaakse glimlag.”
Was daar jaloesie by van die ander ouens te bespeur? “In sekere mate, maar dit is natuurlik,” het Klaus gesê.
Hy wil graag die komitee (wat uit al die finaliste bestaan) se werk meer op Stellenbosch en die studente laat fokus en nie op die een of ander projek buite die gebied nie.
Klaus glo in deurlopende ontwikkeling en opvoeding en is oopkop oor dit wat voorlê. Die studente moet, volgens hom, meer betrokke raak. “Dit is ’n groot geleentheid om ’n verskil te kan maak.”
Ongeag sy reeds vol program maak Klaus ook tyd vir oefen. Hy draf gereeld op die bergpas en berei hom vir die Twee Oseane-marathon voor. Dié jaarlikse wedloop het hy reeds vier keer aangepak. Verder speel hy basketbal en ’n bietjie rugby en wil hy graag met joga begin.
|
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |