Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
640 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Sonsondergang op die eiland Pharos in GriekelandFoto: Bernard Pretorius
Sonsondergang op die eiland Pharos in GriekelandFoto: Bernard Pretorius
Foto-kompetisie
Lesers kan tot 21 Mei per SMS vir foto’s stem
15/05/2008 08:51:27 AM - (SA)

WAT ’n keuse! Lesers het van vandag af die kans om per SMS te stem vir die topdrie van die pragtige finalis-foto’s in Die ­Burger en Buite se natuurfotokompetisie.

Lesers moet hul SMS-boodskap begin met “my fo­to”, ­gevolg deur die nom­mer van die foto van hul keuse. SMS’e kan gestuur word na 34588 en kos R2,00 per sms.

Lesers word tot vyf SMS’e per selfoon beperk.

Die stemmery begin vandag en eindig volgende Woensdag om 17:00.

Vyf lesers wat stem, gaan bewyse van R200 elk vir die druk van foto’s by Fotofirst losslaan.

Die wenners van die eerste, tweede en derde prys sal volgende Vrydag in die koerant gepubliseer word.

Hulle kan uitsien na heerlike wegbreke na Noordwes, die Oos-Kaap en die Laeveld.

Pryse van ’n allemintige R114 000 is op die spel, danksy die welwillendheid van vyf medeborge.

Een van hierdie borge is die private wildtuin Samara in die Kamdeboo. Die tweede prys behels verblyf en etes vir twee mense vir vier nagte daar.

Die waarde van die eerste prys in die fotokompetisie beloop R74 000 en sluit in twee nagte se verblyf en etes vir vier mense in die vyfster- Royal Madikwe Lodge in Noordwes se Madikwe-wildtuin, ’n retoerhuurvlug geborg deur eMoyeni Air ter waarde van R18 000 van Johannesburg na die wildtuin, asook ’n spoggerige Fuji Finepix S100FS-kamera ter waarde van R8 000.

Laeveld Toerisme borg die derde prys – ’n week se verblyf en etes vir een persoon in die Umhloti Lodge by Jane Goodall se sjimpansee-rehabilitasie­sentrum op Nelspruit.

    
VIND
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |