|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
ABSA KKNK
Dis lekker by die Kunstefees!!
02/04/2008 11:46:39 AM - (SA)
Poppekas in die straat. Joseph en Ramona van Stavel, saam met hul kinders Noah en Hanna Lena. Foto: LIZANE LOUW
Die Happy Boys baljaar in Oudtshoorn se strate en vermaak die feesgangers. Foto: RUAN VILJOEN
Hier’s ons weer! ’n Groepie studente van Huis visser Stellenbosch is gister hier op die feesterrein gewaar. Van Links, Johan Krige, Hentie Smit, Van Zyl Coetzee en Ian Malou. Foto: LIZANE LOUW
Hier staan Jereido Plaatjies van Oudtshoorn met sy volstruis eiers en opgestopte volstruise wat hy verkoop. Foto: LIZANE LOUW
Ons Vier fees! In die hitte het Eben Van Niekerk (links) van Uitenhage en Daniel Ferreira (regs) van Oudtshoorn mekaar nat gegooi om so bietjie af te koel. Foto: LIZANE LOUW
Absolutely fabulous! Hier sit Elizabeth Goldstone (regs) en Patricia Heil (links) van Mitchells Plain langs die pad. Dit is hul eerste besoek aan die KKNK. Foto: LIZANE LOUW
Stalletjieman, Claude Jean van Kaapstad, pas vir baba, Ane Fourie (11 maande) ’n pienk feeshoed aan. Foto: LEANNE STANDER
Hier staan Mnr. Mustafa in sy restaurant, Cairo Swarma. Die schwarma restaurant was gister baie besig en die feesgangers het tou gestaan vir die heerlike schwarmas. Foto: LIZANE LOUW
Kleur blokkade. Die kunstenaars, Pieter van Tonder (voor) en Matt Schroeder (agter) stel hul werk ten toon in Baron van Rhedestraat. Albei kunstenaars se werke is te sien by La Dolce Vita. Foto: LIZANE LOUW
Straatkitaarmanne, Johnny (links) en Hannes Galant (regs) van Dysselsdorp tokkel op hul kitare in die stalletjiesarea. Foto: LEANNE STANDER
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |