Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Sarah Theron het haarself beseer toe ’n trap gebreuk het.
Sarah Theron het haarself beseer toe ’n trap gebreuk het.
ABSA KKNK
Sarah Theron beseer haar skeen toe trap skielik meegee
28/03/2008 01:19:11 PM - (SA)

OUDTSHOORN. - Sarah Theron is op die Absa KKNK beseer toe ’n trap onder haar meegegee het.

“Ek het ’n wond van sowat 5 cm op my regterskeen,” het Theron gister gesê.

Volgens haar is die trap kort voor Woensdagaand se vertoning van Nuwe Generasie Divas in die Suid-Kaap Kollege-saal voor die verhoog neergesit.

“Gelukkig het niemand die trap gedurende die vertoning gebruik nie.

“Toe ek ná die vertoning by die trap afstap, het die tweede treetjie van bo af meegegee.

“Dit moes voor die tyd al stukkend gewees het.”

Volgens haar het iemand dadelik “iets koud” en ’n ontsmettingsmiddel op die wond gesit waaruit die bloed stadig gesypel het.

Theron het haar vriend, Peter Mitchell, gebel, wat haar na die Oudtshoorn Medi-Clinic geneem het.

“Ek het ’n klem-in-die-kaak­inspuiting en antibiotika gekry voordat die wond verbind is.”

“Gewoonlik dra ek ’n langbroek en niemand sal eers agterkom my been is seer nie.”

Dit sal beslis ook nie haar vol program oor die volgende paar dae aan bande lê nie.

Sy moet nog twee vertonings van Divas doen.

Daarbenewens moet sy ook aan ’n kookkompetisie by die Vonk-kuiertuin deelneem, by die Feeskasteel optree en Egoli se Leef soos ’n Ster-prystrekking doen.

Me. Paula Schoeman, woordvoerder van die Absa KKNK, het die voorval betreur en gesê die trap is intussen herstel.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |