Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
ABSA KKNK
Teaterkaartjies verkoop sowaar beter as musiek by KKNK
28/03/2008 01:18:44 PM - (SA)

OUDTSHOORN. - Slegs twee musiekvertonings, dié van Chris Chameleon seKlassieke Chameleonen Amanda Strydom se Amanda Strydom, is gunstelinge onder feesgangers op die Absa KKNK.

Drie musiekteatervertonings is ook op die lys van die 20 topvertonings in terme van kaartjieverkope.

Ivor Price, ’n Kanna-paneellid, het gesê dit is nie vir hom ’n verrassing dat daar so min kontemporêre musiek onder die topverkopers tel nie.

“Goeie teater is skaarser om te sien, hoewel dit ’n jammerte is, want daar’s heelwat musiek-juweeltjies op die fees.

“Verder is daar ook ’n ooraanbod doef-doef-doef by gratis musiekverhoë en ander venues vir ligte, Afrikaanse musiek.”

Margit Meyer-Rödenbeck, bekend vir haar rol as die lawwe Dowwe Dolla, meen feesgangers kom na die kunstefees met die idee om toneelstukke, eerder as musiekvertonings, te kom kyk.

“Ek dink by feeste begroot mense om shows te kyk wat hulle nie normaalweg kyk nie.”

Die befaamde musikant Valiant Swart, ook ’n ou-feeshand, het gesê die rolle het nou omgeswaai.

“In die begin was dit andersom, daar was baie gratis musiekvertonings om na te luister,” het Swart gesê.

“Die KKNK het Afrikaanse teaterkultuur hervestig.

“En daar’s so ’n groot aanbod van musiek by die fees.”

Intussen is sowat 4 700 kaartjies vir vertonings Woensdag verkoop, berig Tisha Steyn.

“Die kaartjieverkope neem weer toe nadat die verkope ná die langnaweek bietjie afgeneem het,” het me. Paula Schoeman, feeswoordvoerder, gesê.

Die volledige lys is soos volg:

1. Cirque du Sussie

2. Sophia Mentz beredder haar boedel

3. Dowwe Dolla

4. Klassieke Chameleon

5. Binnelanders Buiteweste

6. ’n Lang Dagreis na die Nag

7. Shirley Valentine

8. Om Soos ’n Lyk te Lê

9. Breinbliksem

10.Amanda Strydom

11.Wyk 14

12.Hallelujah

13.Dagboek van ’n Swerwer (musiekteater)

14.Die Duiwel Dra Crocs (musiekteater)

15.Maaltyd vir Een

16.Not the Big Easy

17.Dirk en Lindie (’n Operette)

18.Trolliekind

19.Die Keiser

20.Saad

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |