Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
ABSA KKNK
Plesierige Afrikaners hou hul ernstig ook
27/03/2008 10:48:41 AM - (SA)

OUDTSHOORN. - Die bekroonde dramaturg Saartjie Botha sê daar is ’n behoefte by mense om na “ernstige” vertonings te kyk.

Só het sy gereageer nadat drie van die vier produksies waarin sy by die Absa KKNK betrokke is, gister op die fees se top-20-lys was.

Dié lys word elke dag op datum gebring.

“Ek voel verskriklik gevlei en trots. Ons het hard gewerk om vir ons ’n gehoor te bou,” het sy gesê.

Een van die vertonings van ’n Lang Dagreis na die Nag (nommer 6 op die lys), is gister uitverkoop. Om Soos ’n Lyk te Lê (nommer 8) was die vorige dag uitverkoop, het sy gesê.

Botha sê met Saad (nommer 20) moet daar soms nog ekstra stoele ook in die saal ingeprop word.

“Ek is baie trots op Saad, en ook die ander produksies, trots op die verhore wat dit kom kyk en kans sien daarvoor.

“Ek is trots op Om Soos ’n Lyk te Lê omdat mense met idees kom en bereid is om daarmee te gaan of om standpunt in te neem en te reageer op wat hulle sien.”

Die volledige lys is soos volg:

1. Cirque du Sussie

2. Sophia Mentz Beredder haar Boedel

3. Dowwe Dolla

4. Klassieke Chameleon

5. Binnelanders Buiteweste

6. ’n Lang Dagreis na die Nag

7. Shirley Valentine

8. Om Soos ’n Lyk te Lê

9. Breinbliksem

10. Amanda Strydom

11. Wyk 14

12. Hallelujah

13. Dagboek van ’n Swerwer

14. Die Duiwel Dra Crocs

15. Maaltyd vir Een

16. Not the Big Easy

17. Dirk en Lindie (’n Operette)

18. Trolliekind

19. Die Keiser

20. Saad

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |