Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Baskitaarspeler Johan Willemse, sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler Ryno Velvet en tromslaner Jean Odendaal. Foto: JAN GERBER
Baskitaarspeler Johan Willemse, sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler Ryno Velvet en tromslaner Jean Odendaal. Foto: JAN GERBER
ABSA KKNK
Ryno wil weet hoekom waarheid skaars is
27/03/2008 10:48:55 AM - (SA)

OUDTSHOORN. –  “Hoekom word daar vir almal gelieg?”

Dít is die vraag wat Ryno Velvet beantwoord wil hê.

En hy wil weet: Hoekom sê niemand vir ons hoekom die petrolprys gedurig styg nie? Hoekom gaan die krag af terwyl die Eskom-base bonusse kry? Hoekom? Hoekom? Hoekom is die waarheid so skaars?

Dié linkshandige kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer sit saam met Johan Willemse, wat nou vir hom baskitaar speel, en tromspeler Jean Odendaal in ’n Oudtshoornse restaurant. “Ek dink die korporatiewe wêreld het sy greep al hoe meer op ’n mens en sit druk op tot mense nie meer kan asemhaal nie. “Daar is altyd ’n groter entity. Dis tyd dat almal aanvaar jy moet ’n mens wees. Ons moet ophou suckers wees. Mense moet hul oë oopmaak.”

Dié sterk mening beteken nie dat Ryno, daar uit Durbanville se geweste, homself as ’n protessanger, of enigiets, wil etiketteer nie.

“Ek’s maar ’n ou wat songs skryf en dit sing.”

En oor die songs op hul nuwe, tweede album is die manne opgewonde. Harp sal een van die dae beskikbaar wees.

Hoekom Harp??

Ryno meen baie mense dink te hard oor albumtitels. “ ’n Harp is een van die eerste stringed instruments. En f–k man, dis ’n cool woord.”

Hulle meen dié titel vat hulle goed saam: Hulle fokus op hul musiek en om dit beter te maak. “Jy gaan iets uitsit wat ander mense gaan koop. Dis ’n artwork.”

Iemand het glo hul musiek beskryf as iets tussen Jan Blohm en Fokofpolisiekar. Dit blyk ’n redelike raak beskrywing te wees.

Hulle is nie van plan om in ’n spesifieke klank en genre vas te val nie.

“Ons het ’n bietjie die hoender geruk en hárd gegaan by al die stages waar ons tydens dié fees gespeel het, sodat mense ons onthou. Maar ons het ’n broader spectrum. Dis lekker om diverse te wees.”

Jean sê hulle wil nie stagneer nie. “Ons wou net nie ’n rave song op die album sit nie.”

“Maar jy kán lekker skoffel,” sê Ryno. Hy meen Harp sal iets vir almal hê en meer volwasse as Karma,, sy eerste album, wees.

“Daar gaan minstens een song wees wat jou ten minste ’n bietjie gaan vinger.”

Hy meen die ervaring wat hulle sedertdien opgedoen het, kom handig te pas om ’n beter produk te lewer. “Jy dink ’n bietjie harder oor jou songs.”

Dit was baie lekker om aan die album te werk, sê Jean, wat nie heeltyds tromme slaan nie - hy bestudeer argitektuur aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.

“As ek nie ’n musikant was nie, sou ek tromme gespeel het,” sê Johan, in Jean se rigting.

“Dis hoekom ek argitektuur swot!” sê Jean.

Johan sê hy sal daarvan hou as die nuwe CD goed vaar en hulle groter gigs kan kry.

“Vorentoe streef. As die Here ons spaar,” sê Jean.

“Wat ek hoop hy doen,” sê Ryno. “Ek wil nog ’n paar goed doen.”

Maar vir nou is hulle by die fees. Teen die einde van die fees sou hulle sewe gigs by vier venues gespeel het.“Daar is altyd minstens een ou wat heavy uit-freak,,” vertel Johan.

. As jy een van die ouens wil wees wat heavy uit-freak:: Hulle speel môreaand om 23:00 by Klip-ini-Bos.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |