Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
ABSA KKNK
‘Entrepreneurs’: Ware gekonfiskeer tot ná die KKNK
27/03/2008 10:49:04 AM - (SA)

OUDTSHOORN. - Sowat 25 uitstallers wat gehoop het om gou ’n paar rand te maak sonder om by die feesreëls te hou, is reeds vasgevat.

Roofstalletjies op die Absa KKNK is elke jaar ’n kopseer vir die feesorganiseerders, maar is nie vanjaar ’n groter probleem as in die verlede nie, het me. Rhodé Snyman van die KKNK-kantoor gister gesê.

“Dis maar entrepreneurs wat die geleentheid sien om ’n geldjie te maak sonder om die korrekte prosedure te volg.”

Uitstallers moet ’n bedrag betaal aan die KKNK se markte-afdeling of plaaslike sakelui wat hul persele beskikbaar stel, soos rondom Queen’s Mall in die sakekern.

“Dis hoofsaaklike plaaslike inwoners wat kanse vat,” het mnr. Noel Petersen, die munisipale bestuurder, gister gesê.

“Die mense verkoop draadgoed en gekleurde vere. Dis nie ’n kwessie van onkunde nie - in die meeste gevalle het hul vriende deur die korrekte kanale hul stalletjies bespreek en die huurgeld betaal.”

Volgens hom word daar op die goedere beslag gelê en word dit gehou tot ná die KKNK. “Ná afloop van die fees kan die roofuitstallers ’n boete van R250 betaal en hul goed terugkry.”

Vanjaar is daar reeds 25 roofstalletjies toegemaak. Verlede jaar was daar meer as 70 roofstalletjies.

Volgens mnr. Gavin Juthe van die munisipaliteit se afdeling korporatiewe dienste, sluit roofstalletjies mense in wat onwettige stalletjies oopmaak. “Een man het hier ingekom met ’n sleepwa vol stofsuiers wat hy wou verkoop. Daar word ook opgetree teen mense wat rondloop met verestoffers en parfuum.”

Daar is vanjaar meer as 500 “wettige” stalletjies, het me. Olda Janse van Rensburg, wat die stalletjies vir die KKNK organiseer, gister gesê.

Nog sowat 50 stalletjies word deur eienaars van persele of winkels in die dorp uitverhuur, en die huur word direk aan hulle betaal.

Volgens haar kos die stalletjies op die formele markterrein rondom die De Jager-sportkompleks tussen R1 000 en R15 000.

Die goedkoopste stalletjie behoort aan me. Bettie Khumalo van Oudtshoorn, wat elke jaar haar verestoffers en hoede by die brug oor die Grobbelaarsrivier verkoop.

Die duurste stalletjie behoort aan mnr. Colin van Rensburg, wat tot 02:00 elke oggend koedoegeregte op die parkeerterrein van Queen’s Mall verkoop. Volgens hom betaal hy nog sowat R1 000 ekstra vir elektrisiteit. “Maar dis steeds die moeite werd en ons maak ’n wins, want ons werk hard.”

Hy het selfs ’n tweede stalletjie, waarvoor hy R10 000 betaal.

Volgens Janse van Rensburg is die huurgeld vanjaar met R75 verhoog.

Stalletjiehouers word ook streng gekeur om seker te maak dat net goedere van ’n goeie gehalte verkoop word en dat daar ’n wye verskeidenheid aangebied word.

“Wanneer voornemende uitstallers aansoek doen, moet hulle ’n foto saamstuur van hul ware.”

Uitstallers was oor die algemeen tevrede met die uitstalruimtes, maar daar was enkele kwessies wat pla.

“Die parkeerplek is ver en ons kan nie ons sleepwaens naby genoeg aan ons uitstalling bring nie,” het mnr. Riaan de Jager van Brits, wat geskenke in die Sinkhuisie in die De Jager-sportkompleks verkoop, oor die naweek gesê. Gister was hy tevrede, want parkeerplek vir uitstallers is beskikbaar gemaak op die rolbalklub se terrein oorkant die straat en sleepwaens word in die terrein toegelaat.

Sekerheid is ook verskerp nadat diewe Vrydagnag ’n klompie goed uit die kompleks gesteel het.

Nou loop polisielede toemaaktyd deur die kompleks om seker te maak dat daar nêrens ’n dief skuil nie.

Van die uitstallers was vies oor die ooraanbod van byvoorbeeld juweliersware. “Hier is vanjaar 13 stalletjies net in die De Jager-sportkompleks wat juwele verkoop.

“Dis bietjie erg,” het me. Sandi Hitchens van Kaapstad gesê.

Mnr. Clive Biden van Montagu, ’n skilder, is teleurgesteld omdat daar te veel uitstallers is wat skilderye verkoop. “Baie mense kyk, maar min van hulle koop iets.”

Mnr. Johan Liebenberg van Kaapstad, wat buite die Pick n Pay biltong verkoop, was nogal omgekrap oor ’n paar aspekte.

Daar was volgens hom te min toiletgeriewe. “Ons moet ver loop en elke keer as jy ’n toilet nodig het, kos dit R2.

“En tydens die KKNK betaal ’n mens sommer R20 per kilogram meer vir volstruisbiltong.

“Die fees is besig om sy karakter te verloor. Dit raak te gekommer­sialiseer. Hoeveel mense sien jy met pakkies, hoeveel glimlag? Mens sien nêrens ’n volstruisveer nie - Oudtshoorn word nie meer bemark nie.”

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |