Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
ABSA KKNK
Sussie se sirkus is gewildste op KKNK
26/03/2008 11:57:38 AM - (SA)

OUDTSHOORN. - Ál vier vertonings van die gesoute regisseur Hennie van Greunen was gister onder die gewildste 20 vertonings op die Absa KKNK.

Die fees se top-20-lys word elke dag op datum gebring, maar die laaste paar dae was daar van dag tot dag nie veel van ’n verskil nie.

“That’s pretty hot!” het Van Greunen gister half verbaas gereageer toe hy dié nuus gehoor het.

Heel boaan die lys is die gesins­komedie Cirque du Sussie, met die skreeusnaakse Marion Holm in die eenvrou-opvoering.

Dowwe Dolla maak vanjaar haar terugkeer na die KKNK as ’n dokter in Dowwe Dolla - Saal 10.. Dié toneelstuk met Margit Meyer-Rödenbeck is tans die derde gewildste vertoning wat kaartjieverkope betref.

Die komediestuk Shirley Valentyn met Shaleen Surtie-Richards, wat vanjaar haar terugkeer maak, lê in die agtste plek.

Fanie Viljoen se moordraaisel-jeugroman Breinbliksem, wat in ’n toneelstuk omskep is, is net een plek laer in die negende plek.

Van Greunen het gister gesê sy span voel baie geseënd dat mense die vertonings so goed ondersteun en geniet. “Dit is ons missie om ­gehaltevermaak te skep wat mense lok.”

Van Greunen, wat met lof oor ál vier produksies praat, het gesê dit is veral Breinbliksem se verkope wat hom opgewonde maak.

“Breinbliksem het geen geskiedenis of reputasie nie. Niemand ken die akteurs nie. Ons is baie bly dat die feesgangers ook ’n kans waag om dit te gaan kyk.”

Die volledige lys is soos volg:

1. Cirque du Sussie

2.Sophia Mentz beredder haar boedel

3.Dowwe Dolla

4. Klassieke Chameleon

5. Binnelanders Buiteweste

6. ’n Lang dagreis na die nag

7. Om soos ’n lyk te lê

8. Shirley Valentine

9. Breinbliksem

10. Amanda Strydom

11. Wyk 14

12. Hallelujah

13. Dagboek van ’n Swerwer

14.Die Duiwel dra Crocs

15. Maaltyd vir Een

16. Not the Big Easy

17. Raka

18. Saad

19. Trolliekind

20. Die Keiser

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |