Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
ABSA KKNK
Op kunstefees om te kuier of om te kyk?
26/03/2008 11:53:58 AM - (SA)

IS die kunstefees net ’n verskoning om te kuier, of val die klem wel sterk op die kunste-element? Melindi de Kock en Anika Marais, twee skoolgaande lede van die Jeugredaksie, het in Tentedorp gaan rondvra hoe hard die inwoners daar kuier, en of ’n vertoning of twee ook ingewerk word.

 

RUAN BASSON(19) van Kaapstad: “Dit is presies wat ons doen. Ons gaan nie na shows toe nie. Ons is arm, want ons is studente. Niemand wil vir ons geld gee nie, want hulle weet ons gaan dit uitdrink.”

 

ILSE FERREIRA(18) van Hermanus: “Dit is nie so nie. Kunsliefhebbers kom ook vir die shows. Ek was al by ’n show van ’n chick wie se naam ek nie kan onthou nie.”

 

GERRIE BOSMAN(18) van Mosselbaai: “Dis onwaar. Die kuier is net ’n bonus. Ons drink van 09:00 af as ons dors is.”

 

WOLFRAM WAGENER(34) van Kaapstad: “Daar is ruimte vir kuier en vir shows. Ons drink van 07:00 af totdat ons omval.”

 

LEANDÉ JORDAAN(18) van St. Francis: “Ons gaan na die shows toe om Afrikaans te ondersteun. Ons kuier net met koeldrank. Ons drink nie om dronk te word nie.”

 

BELINDA LE ROUX(20) van Patensie: “Ons is hier vir die kuier. As ek betaal, hang dit af van hoe goed die show is. Ons kuier vandat die son opkom, omtrent so van 07:00 af.”

 

GERHARD VISSER(20) van Jeffreysbaai: “Nee, die fees is nie ’n verskoning vir drink nie. Ons kuier vandat die son opkom, regdeur. Ons bly in Tentedorp, want dit is die enigste plek waar jy ná middernag kan kuier en waar daar drank is.”

 

JOMARIE BURROWS (43) van Kraaifontein: “Ons drink glad nie. Al die ander hier rondom ons in Tentedorp drink. Dis walglik hoe hulle te kere gaan. Soms ruk dit hand uit en die kru taal is verskriklik!”

 

MARITSHA GOUWS (19) van Port Elizabeth: “Ons moet Afrikaans celebrate deur te kuier, want dit gaan verlore!”

 

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |