Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
David Kramer vertel wat hy van die fees dink. Foto: MICHAEL HAMMOND
David Kramer vertel wat hy van die fees dink. Foto: MICHAEL HAMMOND
ABSA KKNK
Kuns oorrompel deur kommersiële
25/03/2008 12:18:16 PM - (SA)

’N BEMARKINGSPLATFORM vir borge. Dít is wat die fees volgens David Kramer geword het.

“Kuns word oorrompel deur die kommersiële. Kyk net na die plakkate in die strate. ’n Mens sien nie plakkate van teaterstukke nie. Orals is plakkate van elke nuwe outjie of meisie wat ’n CD uitgebring het,” het Kramer in ’n onderhoud met Krit gesê.

Kramer, wat gistermiddag die laaste van sy twee vertonings gehou het, sê hy toe hy Journey to Kannaland gekyk het, het doef-doef musiek langsaan só geraas dat hy niks kon hoor wat die ouens op die verhoog doen nie.

“Ander klanke sypel deur die mure en dit raak ’n geveg tussen twee klankbane.

“Hulle moet eerder twee feeste hou - ’n popfees en ’n meer ernstige fees vir kuns.”

Kramer, wat byna elke jaar sedert die begin van die fees hier optree, sê hy stem nie saam met groot name wat van die fees wegbly nie.

“Ons kom hiernatoe en dan is daar geen moeilikheid nie. As die sale vol is, maak jy geld. Dit is duur op toer deesdae. ’n Mens moet vol sale trek om dit die moeite werd te maak.”

Met albei van Kramer se vertonings was die Absa Plein stampvol.

Hy meen die gehoor was te groot om die tipe interaksie te hê waarvan hy hou, en voel veral die agterste mense word dan afgeskeep.

Hy hou egter wel van die fees.

“Die restaurante is goed. Die weer speel saam.

“Die sale is deesdae goed ingerig en daar word goed na kunstenaars omgesien,” sê hy.

Hy besluit nog of hy volgende jaar weer fees toe kom.

“Ek het geen rede om te sê ek wil nie terugkom nie. Dit hang af of ek voel ek wil speel.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |