Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
ABSA KKNK
Foto’s: Die storie agter die feeshemp
24/03/2008 11:51:07 AM - (SA)

INTERESSANTE T-hemde het nou al sino­niem met feeste in Suid-Afrika geword en elke jaar is daar nuwe idees vir slagspreuke. Ruan Bruwer het ’n paar feesgangers met sy kamera voorgekeer om hul hemde te wys en die stories daaragter te verduidelik.

 

LEANDRI SMIT (18) van Goodwood se hemp lees ook agterop: “is d@nners lekker”. “Ek het van die hemp gehou, want die stelling is waar,” sê sy.

 

RUAN MEYER (25) van George dra sy hemp omdat hy trots Afrikaans is. Dit lees ook agterop: “Chucky wens hy was ’n boer!” Hy sê: “Chuck het nie genoeg balls om Afrikaans te wees nie.”

 

DEON STOFFBERG (50) van Kaapstad sê hy dra die hemp vir die snaaksigheid, want hy drink maar min. “Party mense neem dit tog ernstig op,” sê Stoffberg. Hy wil hê mense moet ook notisie van sy pet neem en sê: “Ek is niemand se oom nie, ek is Deon!”

 

NORMAN WIGGIT (19) van Goodwood se T-hemp lees ook agterop: “Ek is pap tyres”. Hy verduidelik: “Ek dink ek staan uit met dié hemp en ek dra dit in die gees van die fees/”

 

ANDRÉ GELDENHUYS (5) van die Paarl praat nét Afrikaans. Die knapie was egter ’n bietjie skaam om oor sy hemp uit te brei.

 

ANN MARAIS (35) van Port Elizabeth word deur niemand verstaan nie. “Omdat ek gedurig dwars van die regering is, verstaan niemand my nie, nog minder my vriende.” Sy het darem bygevoeg dat die hemp van goeie gehalte is.

 

FANIE HEYNS (41) van Sedgefield is nie té bekommerd oor ’n moontlike egskeiding aan die einde van die fees nie. “Dis my vrou wat my aangemoedig het om die hemp te koop. Wat op die hemp staan, is boonop die waarheid,” het hy met gemak gesê.

 

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |