Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
671 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 11º/17| Worcester 3º/20| George 6º/20| Port Elizabeth 9º/20 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die kunstenaars John Meyer (links) en Paul Emsley is na Oudtshoorn gebring as deel van ’n poging deur kunsborge om die tradisie van aktuele portretkuns te laat herleef.Foto: LIZANE LOUW
Die kunstenaars John Meyer (links) en Paul Emsley is na Oudtshoorn gebring as deel van ’n poging deur kunsborge om die tradisie van aktuele portretkuns te laat herleef.Foto: LIZANE LOUW
ABSA KKNK
Borge van kuns sorg vir portretkuns op fees
24/03/2008 11:52:13 AM - (SA)

OUDTSHOORN. – Die kunstenaar William Kentridge het waarskynlik geen idee hoe amper die skilderhande van moontlik een van Suid-Afrika se voorste kunstenaars hom soos ’n voorryman laat lyk het nie.

Paul Emsley het rondom ses weke se tien-uur-werkdae gewy aan die 105,5 cm x 91 cm- hiperrealistiese krytportret van Kentridge, self bekend vir sy kenmerkende manier van dinge aanpak, en die produk is stellig iets wat die waarnemer verstom.

Dit is ’n nadoen van lig en skadu se maltrap oor die genetiese landskap van ’n bekende gesig wat verklaar hoekom Emsley, wat verlede jaar die gesogte BP Portrait-toekenning in Brittanje gewen het, onder andere die man is wat jy moet nader indien jy kameras uit die mark wil plaas.

“Sy wenkbroue was vir my die prominentste deel van sy gesig,” vertel Emsley oor Kentridge, en voeg glimlaggend by hoe hy deurgaans moes skerm teen ’n soort ongewensde voorry-voorkoms wat glo by die doek gespook het.

Emsley (60) moes ’n blaaskans van drie dae vat en te midde van die bonkige Kentridge se gesigslyne wat wou-wou trek op ’n Guy Kebble van Natal-pak-faam, maar daarna het hy dinge teruggeruk en het hy geweet dit gaan oukei wees, vertel hy by ’n koffietafel buite die eenvertrekgalery in die Queen’s Hotel in die hoofstraat hier.

Die tentoonstelling, “Muse – 08”, is byeengebring deur íart Galery, in samewerking met Media24.

Volgens Elana Brundyn en Ann Consalves van die galery is die tradisie van die skilder van maatskaplik relevante en invloedryke persone ietwat afgeskeep binne post-moderne konteks.

“I was very struck by his interesting features,” skryf Emsley verder oor Kentridge in die tentoonstellingsbylaag. “My intention was to give the drawing something of his essence, which I remembered strongly from the hour or two that I was with him.”

Emsley laat dikwels die onderwerpe van sy kryte die kyker stip in die oë staar.

Die innemende witkop-Emsley, wat Afrikaans as huistaal besig in Bradford-on-Avon in Engeland waar hy reeds meer as ’n dekade lank met sy gesin woon, is genader om Kentridge se gesig met sy forensiese noukeurigheid, in stand gehou deur ’n lewe van gematigdheid en toewyding aan die kuns van illustrasie, te skets.

“Ek hou van alle vorms van visuele kuns, maar vir my bly goeie tekenwerk die sterkste (van dit) wat in my smaak val,” vertel hy.

Die gesigwerk, in die mark vir net onder die R200 000, is deel van ’n reeks bekende gesigte in dié muse-reeks, waar kunstenaars hul inspirasie verbeeld. Die skrywer J.M. Coetzee, die digter Breyten Breytenbach, asook die akteur Antoinette Kellermann, figureer ook hier. Daar is ook ’n Athol Fugard wat op Van Gogh trek, ’n aantreklike, bejaarde Wilma Stockenström en later, wanneer die tentoonstelling Kaap toe gaan, sal daar plek gemaak word vir Rian Malan se bakkies én sigaret.

As deel van die kunsopdrag is Emsley verlede jaar van Engeland na Johannesburg gevlieg waar hy Kentridge die eerste keer ontmoet en ’n paar uur lank gekuier het.

Hulle het onder meer oor tegniek gepraat en die atmosfeer was wedersyds respekvol, volgens Emsley, wat ’n keurige Afrikaans met ’n ligte Engelse aksent praat, afgewissel deur ’n soort koek-in-die-mond-Engels.

By die geleentheid van hierdie, sy eerste, Absa KKNK, het Emsley ook die kunstenaar John Meyer ontmoet, wat ’n werk neffens Emsley s’n uitstal. Dié ontmoeting hier ter plaatse is deur die borge bewerkstellig. “Ek voel regtigwaar ek is op die rand van my beste werk ooit,” vertel Emsley. “Daar is nie vir my genoeg ure in die dag nie. Ek is partykeer nogal angstig om te dink daar is vir my dalk net ’n dekade en ’n half oor. Dit is nie vir my genoeg tyd nie. Vir my gaan dit oor lig en skadu . . . hoe dit oor oppervlak val. Dit is die essensie van wat ek doen. Die gesig van ’n dier of ’n blom. Maar hoe die lig daaroor beweeg.” Die 66-jarige Meyer het deur middel van videosteelgrepe ’n kunswerk van die sanger Jannie Moolman op ’n klein doek weergegee.

Oor sy eie tog as kunstenaar, veral ná die lewenskenterende BP-toekenning, sê Emsley hy is geweldig opgewonde oor sy toekomstige projekte. “Dis asof jy in ’n kamer ingaan waar niemand nog in was nie, jy weet daai soort gevoel. Die deur gaan oop en sjoe, dis fantasties,” vertel hy waar hy hom op die oomblik kreatief bevind.

Dan loop die onderhoud ten einde en sy gesig verdwyn – soos ’n vlieër wat losbreek.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |