Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
671 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 11º/17| Worcester 3º/20| George 6º/20| Port Elizabeth 9º/20 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Veronica BellFoto: JACKIE PIENAAR-BRINK
Veronica BellFoto: JACKIE PIENAAR-BRINK
ABSA KKNK
Haar viool ’n ‘tydelike hemel’
24/03/2008 11:52:20 AM - (SA)

OUDTSHOORN. – Die 19-jarige krap-krap aan sy ken met sy regter-wysvinger. Dit word in ’n spalk-posisie gedwing deur ’n reusesilwerring wat in ’n skerppunt-nael eindig.

Swart naels, ’n sweempie van swart oogomlyner en ’n swart T-hemp met “Children of Bodom” daarop rond sy uitrusting vir ’n dagbesoek aan die Absa KKNK af.

“Wow!” sê hy met ingetrekte asem.

Tien minute later: “Hulle moet súlke musiek George toe bring.”

André Myburgh se oë is vasgenael op die swartkop-violis van Zamar, wat saam met vier medemusikante in La Dolce Vita vrolike straatklanke voortbring.

Oorkant hom sit sy vriend Raymond van der Merwe. “Metallica” staan op sy swart T-hemp geskryf. Ook sý oë is op Veronica Bell met haar driftig-energieke vioolpassies.

Dit is nié musiek à la “Children of Bodom” nie.

Maar Myburgh is gefassineerd. “Ek love dit,” sê die jong metal -aanhanger. Die wysvinger-ring, wat hy vroeër die dag by een van die stalletjies raakgeloop het, blink in die lig. (Dit is al van 1992 af in die mode, help hy my uit my onkunde.)

Die violis kom sit by ons tafel vir ’n kort onderhoud.

“Daai musiek is wónderlik. Jy kan speakers in die hele huis sit. In jou badkamer . . . Die hele dag . . . ” swymel Myburgh.

Sy oë verlaat Bell nie ’n oomblik nie. En dieselfde geld baie van die mans én vroue in die restaurant waar Zamar die res van die fees daagliks informeel gaan optree.

“Hoe lank het dit jou gevat om ­viool te leer?” wil Myburgh by die violis weet toe die kans hom voordoen.

“Ek was vier toe ek begin het. En ek het ’n baie goeie onderwyser op Stellenbosch, op universiteit, gehad.”

Myburgh: “Dit is een ding wat ek enige tyd sal leer om te speel.”

Sy ring blink.

Amper so helder soos sy oë.

’n Tydjie later skuif Bell se man, Usher, by die tafel in. Die jong mans is weg.

Usher, self ’n musikant, lag net oor die reaksie wat sy violis-vrou en nou ook die ma van hul twee kinders ontlok.

Dan vertel hy hoe versot hy van die eerste oomblik af op haar was.

’n Jaar lank het hy haar “agtervolg”, selfs sanglesse by die konservatorium aan die Universiteit Stellenbosch begin neem om net naby haar te wees. In dié tyd sou sy soms wonder hoekom haar gunsteling-skyfies in haar oefenkamer opduik.

“Ek was berserk,” vertel Usher en lag. “Ek het ’n ‘agent’ in die konservatorium gehad. Ek het geweet wat haar ID-nommer was, haar kar se registrasienommer. Ek het my pelle gesleep na al haar uitvoerings . . . ”

Dit was eers later dat Usher, een van ’n drieling, uitgevind het dat sy drieling-broers óók meer as terloopse belangstelling in haar getoon het.

Toe hy uiteindelik die moed bymekaargeskraap het om verder as agtervolging te vorder, het dinge vinnig ontwikkel. Dit was nou in die tyd toe sy nog “valletjiesrokke” gedra het.

Vandag is hulle 13 jaar getroud.

“Ek twyfel partykeer of ek hemel toe gaan. Maar ek het nog nooit getwyfel of sy die regte vrou is nie,” swymel hý óók.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |