Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Camillo Lombard Foto: LEANNE STANDER
Camillo Lombard Foto: LEANNE STANDER
ABSA KKNK
Mnr. Liriekeraai maak sy debuut
24/03/2008 11:52:36 AM - (SA)

OUDTSHOORN. – Dit is skuins ná 23:00 Saterdagaand – 23:14, om presies te wees.

Die befaamde musikant, of “Meneer Liriekeraai” soos hy dikwels begroet word, het pas sy laaste noot gespeel in sy eerste optrede op vanjaar se Absa KKNK. Hy lyk glad nie moeg nie.

Camillo Lombard, die man wat van die klavier ’n sexy instrument gemaak het, troon lank en lenig in ’n swart broek, swart hemp, swart baadjie. Sy verhoogklere.

“Vanaand was great,” sê hy, voordat hy op ’n rusbank in ons huurhuis rustig raak.

Ek soek amper onmiddellik na die “vlytige vingers” wat sino-niem is met klavierspelers met jare ondervinding. Sýne moet seker nóg langer wees, sien ek voor my geestesoog.

Wat ek wél sien, is ’n paar grys haartjies wat sukkel-sukkel net bo die oordrom uitkom.

Sy gesig is egter nog jonk. Hy lag toe hy “erken” dat hy al 36 jaar oud is.

Later pluk hy sy selfoon uit en spog met sy twee kleuterseuntjies.

Vanjaar kom Camillo terug na sy “miskien tiende” kunstefees. Hy is vanjaar in sy eie produksie, die Camillo Lombard Collective, sowel as in ’n David Kramer-produksie.

“Ek het destyds die eerste keer met Mynie Grové hier opgetree. Dit was toe nog Kaktus op die Vlaktes. Die mense was nie so chuffed met die feit dat dit ’n nieblanke was wat saam met haar opgetree het nie, maar met Mynie, being for coloureds, het ons dit afge-pull.”

Hy dink terug aan die eerste vertonings en hoe konserwatief die fees nog vir hom was. “Sommige wit mense het deur die strate gemarsjeer omdat swartes die fees glo ge-infringe het.

“Dit het nou definitief verander,” sê hy terwyl hy met ’n afstandbeheerder in sy hand speel.

Sy en Mynie se pad het begin toe hy maar nog ’n tjokkertjie was. Sy het van hom gehoor, vertel hy, voordat hulle mekaar ontmoet het en saam begin werk het. Camillo was ook al een van haar musiek­regisseurs. “Mynie was soos ’n idol vir my. Ek was mal oor die manier hoe sy ‘Caravan’ gesing het . . . ” sê hy en daar trek Camillo weg met die eerste reël.

Hy raak filosofies as hy homself moet beskryf: “In die eerste plek is ek ’n méns, en dán ’n musikant. Die fout wat sommige kunstenaars maak, is om dit anders om te doen. Ja, musiek voed my lewe en my siel, en is báie belangrik vir my, maar dit is ’n godgegewe talent en ek kan nie daarop claim nie.”

Hy kom uit ’n musiekagtergrond met albei ouers wat musikaal was, vertel hy. “Ek was seker so drie of vier jaar oud toe ek ’n belangstelling in musiek begin toon het.

“Ek onthou ek het altyd my pa probeer naboots as hy van die klavier opgestaan het . . . ”

Hy’s in Soutrivier gebore, het in Elsiesrivier grootgeword, en woon nou in Kuilsrivier. Hy lag kliphard, so amper asof hy sy liefde vir die “riviere” die eerste keer opmerk.

Hy het nooit basiese opleiding in musiek ontvang nie, hoewel klassieke musiek by hom deur die jeug-kultuurvereniging in Elsiesrivier aangekweek is.

Later op die skoolbanke het hy ook musiek as ’n vak geneem.

Volgens Camillo is daar nie ’n Suid-Afrikaanse musiekskool in die land waar hy op tersiêre vlak sy soort musiek kon neem nie. “Klassieke musiek is Europees, jazz is Amerikaans,” sê hy.

Hy het hom toe maar ná skool by sy eerste musiekgroep aangesluit.

“Ek het selfs nooit daarvan gedroom om ’n dokter te raak nie. Dit was nét musiek wat ek wou doen.”

Hy het in verskeie groepe opgetree. Later het sy selfoon nie ophou lui met uitnodigings nie. “Ek het met kunstenaars begin werk wat my gehelp het om my horison te verbreed. Dit is waar ek alles oor musiek geleer het: Deur die kunstenaars en die verskeie opvoerings.

“Dit is deels hoekom ek elke musiekstuk kan onthou, al het ek dit nog net een keer gehoor.”

Afro Café, Maak ’n Las, Liriekeraai en ander televisie-produksies “wat ek nie nou kan onthou nie” het gevolg.

Vandag is hy ook ’n hoof van sy eie musiekskool, Xullon Music Tech.

Wáárom juis die klavier, krap ek. Seuns speel sokker, dan nie?

Hy lag.

“Die klavier is soos sy eie orkes. Dit het ritme, harmonie, melodie. Dit het die grootste range, dit kan van die hoogste tot laagste noot gaan,” verduidelik hy ernstig-opgewonde.

“En ek hou daarvan hoe wit en swart klawers onder my vingers lyk,” sê hy met ’n laggie.

Is daar plek vir ’n bruin man op ’n sogenaamde wit fees?

“Daar is plek, maar daar kan nóg meer plek wees. Ek voel hul talente moet meer expose word by die fees. Ook die inwoners van Oudtshoorn self kan ’n groter rol speel.”

Waaroor Camillo baie passievol is, is dat wit en swart kunstenaars meer gereeld saam op een verhoog moet optree.

“Dít is wat die land nader aan mekaar kan bring. Kyk maar na David Kramer en Taliep Petersen, Emo Adams en Robbie Wessels. Dit het gewerk.”

Seker ook soos die wit en swart klawers onder Camillo se vingers so saam gly . . .

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |