Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
ABSA KKNK
Man aan die kruis eintlik net deel van ’n kunsfees-vertoning
24/03/2008 11:56:25 AM - (SA)

OUDTSHOORN. – Langs die Grobbelaarsrivier, wat deur die hart van die feesterrein loop, lê ’n oop erf.

Hier het twee “Voortrekkers” hulself, kompleet met ossewa en tentjies uit die Boereoorloog, onder ’n yl peperboom kom tuismaak.

En op Goeie Vrydag gister bak die son op ’n skraal wit man met ’n baard en bos hare neer waar hy op ’n plankie staan, hoog teen die houtkruis wat uit weggooiplanke aanmekaar getimmer is.

Elders, op ’n houtkassie, staan ’n ander man met ’n manel en ’n pluiskeil soos Paul Kruger s’n. Uit ’n klein rooi Gideonsbybel – die Nuwe Testament en Psalms – lees hy Johannes 8:21. “Ek gaan weg en julle sal my soek, maar julle sal in julle sonde sterf.

“Tweeduisend jaar gelede het ’n man aan ’n balk gehang,” begin hy vertel.

Maar hy verloor die draad van die Christus-kruisiging, en vertel verder van matrose wat saam met Jan van Riebeeck hier aangekom het, van die “brutale geskiedenis” van dié wat “tandeloos, sedeloos, gedagteloos en sonder opvoeding” hier aangekom het waar hulle “klein goue mensies gekry het en krewe so groot soos foksterriërs wat op die strand rondgehardloop het”.

“Driehonderd jaar later word ’n 13-jarige meisie se se lyk op ’n gangplafon gekry . . .

“Ons mense is verantwoordelik vir dié alles,” vertel hy, en gaan onsamehangend voort: “Ek is wit, maar as ek doodgaan maak dit mos nie meer saak nie . . . ”

Later, eenkant op ’n ou seilstoel langs ’n uitgebrande vuur waarneffens drie swart varkies in die stof onder die yl peperboom lê, vertel André Laubscher hy is eintlik ’n varkboer en maatskaplike aktivis.

As hy gelukkig is, werk hy in sy groentetuin. As goed hom pla, kom dit ná twee maande in “donker skilderye” uit.

“Ek weet nie wat ’n sosiale aktivis is nie, maar dit klink goed.

“Ons lewer sosiale kommentaar oor kwessies,” sê hy.

“Vandag is Goeie Vrydag – daarom dat Peter op die kruis is.”

Peter van Heerden, verduidelik Laubscher, is ’n lektor aan City Varsity in Kaapstad.

Hulle behoort tot Erf 81, ’n kulturele kollektief wat dinge soos dié doen om mense te laat dink oor wat hulle doen – of nie doen nie.

Hulle noem hul kuns ’n “live art installation” met die naam “totanderkantuit”.

Laubscher gaan gooi ’n emmer water uit oor Peter, wat verlepperig op die dwarshoutjie staan.

Sy arms hang slap aan toutjies, vasgemaak aan die dwarsbalk.

Hy het ’n pet op sy krulhare, sy oë is toe onder ’n oogklappie, soos dié van iemand wat in die helder lig ’n uiltjie wil knip.

Eenuur klim Van Heerden stram teen die kruis af, en trek tydsaam sy hemp en swart broek en baadjie aan.

“Christus het vir ons op die kruis gesterf. Maar ons gee nie om nie, ons maak steeds wat ons wil,” sê hy met helder oë.

“Hier’s vandag min mense,” sê Laubscher.

“Hulle is seker skrikkerig vir die kruis. Maar hulle sal kom.”

Op die ander nege dae van die fees beeld die twee elke dag ’n ander tema uit.

Vandag is daar die laaste middagmaal: “Ons gaan vir die straatlopertjies potjiekos maak.”

Sondag is dit ’n “boeremagdag” met volkspele.

Maandag word gesinsdag gehou. “Weet jy dat Suid-Afrika die land met die meeste gesinsmoorde is?”

Dinsdag is ’n FAK-plaasdag.

Woensdag is die dag van “bloed­rivier”.

“As daar ’n ongeluk is en daar’s bloed, dink mense eerste aan vigs,” verduidelik Laubscher.

“Ons gaan babatjies maak uit rubbish – vigswesies is soos rubbish: Ons wil hulle nie hê nie, maar hulle word net meer.”

Eenkant aan ’n draad hang plastiekpoppe en poppe uit plastieksakke vol rommel.

Donderdag word ’n kunstedag: “Ons gaan skilder.”

Vrydag is heldedag: “My pa was op ’n manier my held,” vertel hy en druk sy seuntjie, Theo (bruin, 8) teen hom vas.

“My pa is dood aan ’n hartaanval oor die kind se ma.

“Ek weet nou nog nie of dit moord of selfmoord was nie.”

En die laaste dag is “geloftedag”: met ’n gelofte om volgende jaar terug te kom en sy eerste CD bekend te stel.

“Ja, ek kan sing.

“Jy moet my hoor as ek dronk is,” sê hy grynsend

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |