|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Briewe
BRIEF, 5 Mei: Los Zuma-kwessie só op
04/05/2008 08:03:51 PM - (SA)
IN sy artikel “Pres. Zuma en die Italiaanse konneksie” (Sake24, 29.04) bespiegel Charles Naudé dat die korrupsiesaak teen mnr. Jacob Zuma nie noodwendig sal voortgaan nie, maar dat ’n skikking bereik kan word wat sy pad na die land se presidentskap sal ooplaat.
Bedoel hy dat Zuma skuldig pleit en drie maande gemeenskapdiens moet verrig, of so iets? Is ons nog ’n regstaat, of nie? Kan sulke sake net onder die mat ingevee word? Nee, en weer nee.
Ek het ’n voorstel om almal tevrede te stel. (Wie sê ek kritiseer net en het geen opbouende voorstelle nie?)
Dit behels ’n baie eenvoudige prosedure, wat as volg werk: Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se vervolging van Zuma gaan voort soos beplan, maar met ’n nuwe span vervolgers – BA-LLB’s en B Proc’s, geeneen met meer as drie maande ondervinding nie.
Advv. Trengove en Downer word vir die duur van die saak op verpligte langverlof na Groenland gestuur. Die dossiere word een week voor die aanvang van die verhoor aan die nuwe span oorhandig, sodat hulle weer die saak van bo en onder, voor en agter kan bestudeer – dit is tog essensieel in so ’n belangrike saak.
Adv. Kemp (vir Zuma) sal maalvleis maak van die vervolging, Zuma stap uit as ’n vry man, en voilà! – ons het ’n nuwe president, rein soos die môredou, sonder ’n vlek op sy reputasie.
A. DU TOIT van die PAARL
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |