Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  OPINIE  

  SPOTPRENT  

  PEILINGS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Briewe
BRIEF, 3 Mei: Het koerant nuwe rigting?
02/05/2008 08:20:25 PM - (SA)

EK is ’n gereelde leser van Die Burger, maar die laaste ruk begin ek wonder of dit nog die moeite werd is om elke jaar weer in te teken.

Dit wil vir my voorkom of die koerant sy redaksionele beleid stilweg verander het om te beweeg in die rigting van ’n poniekoerant. In die laaste paar weke is ons telkens getrakteer met ’n groot foto van Najwa Petersen op die voorblad saam met al die beweerde onheilighede rondom die moord. Daar was ’n stroom briewe om te sê die lesers het nou genoeg gehad daarvan. Toe kry Joost van der Westhuizen sy beurt met nog ’n yslike foto en sy nie-so-voorbeeldige optrede by die landgoed se hek.

Maar sowaar, vandag (2 Mei) se uitgawe van Die Burger vat die koek. Toe ek die voorblad-opskrif lees, het ek lus gehad om te vra: “Steve wie?”

Is ek heeltemal uit die pas met die res van die lesers of sou die meeste lesers werklik in die soort snert belangstel? Wie stel regtig belang in Hofmeyr se gekruide skeltaal en sy vetes met ander mense en wie sou tog geïnteresseerd wees in wat ene Gavin Prins van Hofmeyr dink?

Ooglopend is dit ’n gesoek na sensasie om die koerant te verkoop aan ’n klompie nuuskieriges terwyl dit baie ander lesers van die koerant die josie in maak.

Ek besef terdeë dat mense se smaak en belangstellings verskil en die redakteur sal wel redeneer dat die koerant vir alle belangstellings voorsiening moet maak, maar daar is darem grense wat nie oorskry behoort te word nie. Skuif asseblief volgende keer vir Hofmeyr na bladsy 4 en maak die beriggie klein.

JVS van die STRAND

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |