Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Opinie
Só wys gewone mense ‘visie’ en ‘leierskap’
13/08/2008 08:05:29 PM - (SA)

Ons politiek raak al hoe raseriger, die Zuma-saak jaag die stakes al hoe hoër, belangrike institusies kom onder groot druk, en die ekonomiese skoen knyp.

Soos ’n goeie vriend nou die dag sê: “We need a break.”

Onder sulke omstandighede is dit verstaanbaar dat die land na “leierskap” en “visie” smag.

Kom ons aanvaar egter die land kry nie ’n break nie en ook nie ’n leier met visie nie.

Wat dan?

Wel, ons gaan dan steeds in die oggende opstaan, ons werk doen, geld verdien, belasting betaal, by vriende uitkom, ons geliefdes geniet, en so meer.

Ons persoonlike lewe gaan aan.

Daarmee saam gaan die ekonomie aan. Investering, veral deur die staat, neem drasties toe, en dit is onwaarskynlik dat ’n volgende regering hierdie begrotings gaan verander.

Amper 4 miljoen werkgeleenthede is die afgelope 13 jaar geskep. Hierdie vordering gaan nie sommer verdwyn nie.

Teen 3% groei ons stadiger as die laaste paar jaar toe dit 5% was, maar die koek word steeds groter, want 3% is meer as die bevolkingsgroei.

Omdat die ekonomie loop en 4 miljoen meer mense werk, is belastinggeld beskikbaar: omtrent R650 miljard hierdie jaar en ongeveer R720 miljard volgende jaar. Dit finansier ’n wye reeks aktiwiteite wat voortgaan, of daar nou “leierskap” en “visie” is of nie.

Baie van hierdie aktiwiteite sien ons nie meer raak nie. In 1994 het 62% van ons mense toegang tot drinkwater gehad, vandag is dit 87%; 50% tot sanitasie, vandag 77%; en 51% tot elektrisiteit, vandag 72%.

Die proses gaan voort.

Teen 2014 kan die hele bevolking toegang tot hierdie drie basiese dienste hê – ’n absolute voorwaarde vir moderniteit. Dit sal beteken dat ons dan drie groot agterstande in die 20 jaar sedert 1994 uitgewis het.

Kyk by die persentasies verby en ons sien miljoene mense wie se lewensomstandighede ingrypend verbeter.

Nie dat mense noodwendig meer tevrede voel nie. Tevredenheid met dienslewering het gedaal van 80% in 2004 tot 60% vanjaar. Miskien moet ons by China leer. In 10 jaar het openbare protesaksies in daardie land van 10 000 tot 80 000 per jaar toegeneem – terwyl enorme groei en ontwikkeling plaasgevind het.

Vordering bring nie noodwendig rustigheid nie.

Dit klop met gesonde verstand. Solank niemand in jou omgewing krag en water het nie, is dit maar soos die lewe is. As jou bure krag en water kry en jy nie, gaan jy vies wees.

Ons hoor meer van die protes van dié wat (nog) nie gekry het nie, as van die stille vordering van dié wat wel gekry het. Hoe anders?

Maar dit beteken nie niks gebeur nie.

Ons beweeg, al is daar nie “leiers” en “visie” nie.

Natuurlik is dit beter om goeie leierskap en visie te hê as om dit nie te hê nie. Maar nie alles is daarsonder verlore nie. Inteendeel, in hierdie stadium van ons geskiedenis is dit dalk beter so.

Eerstens is daar leiers met visies wat nie vir die land goed sal wees nie. Dink aan sosialisme of aan etniese mobilisering (ook onder wittes).

Tweedens soek tradisionele samelewings soos ons graag ’n sterk man. Maar dit is ook sulke mans wat die moeilikheid bring, want min is soos Mandela. Die meeste word ’n Verwoerd of ’n Mugabe.

Derdens is daar miskien in die politiek ’n tekort aan leiers met visie, maar daar is talle van hulle in ons sakesektor, universiteite, media, landbou en elders.

Sakelui lewer byvoorbeeld ’n groot bydrae rondom misdaad, terwyl hulle ook ondernemings opbou – albei tot voordeel van die gemeenskap. Ons is nie so afhanklik van politieke “visie” en “leierskap” nie.

Daar kom ’n stadium dat demokrasie gebou word deur gewone mense en hul institusies.

Ons is nou daar. Ons moet net elkeen ons deel doen.

Ons is nie slagoffers nie, ons is deelnemers.

Gelukkig kom ek al hoe meer Suid-Afrikaners teen wat presies dít doen.

Steen vir steen bou ons ’n beter plek met meer geleenthede vir meer mense.

Vir my is dit genoeg “visie” en “leierskap”.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |